Sirkel Noordwes-Kaap

Datum 16 Maart 2024

Beriggewer Mieke Bezuidenhout

 

Sirkel Noordwes-Kaap 94ste  Konferensie te Marydale

 

Sirkel Noordwes-Kaap se Marydale tak het die sirkel se 94ste Konferensie aangebied ondanks moeilike omstandighede. By gebrek aan ’n geskikte lokaal het die Konferensie plaasgevind in die pragtige NG Kerk. Krag onderbrekings en water tekorte het gedreig, maar alles het ongelooflik glad verloop en die tak-lede wat baie kilometers uit die dorp bly kan hulle self op die skouer klop vir ’n uitstekende Konferensie.

Op pad na Marydale.

Elmarie van Niekerk en Amanda Kuys by ingang van dorp.

Pragtige NG Kerk. 

Vlae ingedra deur Marydale lede Ria Hanekom en haar dogter Elzaan Mouton.

Dekor van lokaal.

Gasspreker – Tema: Opvoeding en kultuur. 

Zelda Johnson praat met die  Konferensiegangers oor haar liefde vir die onderwys en spesifiek vir leerders met ‘n leergestremdheid. Sy werk vir GWK waar sy kleuterskole oral in die GWK- streek oprig en die onderwysers van die skole mentor. Sy beklemtoon dat die samelewing te veel druk op kinders plaas, dat kinders in ‘n sekere vorm moet inpas en dat kinders te vroeg gedwing word om formeel te leer. Volgens haar moet kinders toegelaat word om te speel.

Mnr Piet Roux en Christa Lochner Sirkel Saamroeper Landbou & Tuinbou.

Landbou & Tuinbou-spreker, Mnr. Piet Roux van die plaas Biega, in die Prieska-distrik, praat met die dames oor die klimaat-slim-kompetisie waaraan hy deelgeneem het en die wenner was. Hy tree op as die klimaatsambassadeur. Dit behels die aanpassing op jou plaas sodat klimaatsveranderinge nie so ‘n groot impak op jou as boer het nie. Hy brei uit oor die effek van aardverwarming op die grond, die diere en die boer.

Uitdagings wat die boer in die oë staar: Water/droogte Boerderypraktyk, befondsing en oorbeweiding. Aanpassings wat gemaak moet word is o.a. lewenskoste, instandhouding, minder diere en neem die natuur in ag. Ouers moet hul kinders opvoed deur die voorbeeld te stel. Twee aanhalings waarmee Mnr. Roux afsluit is: Ons het die aarde van ons voorouers geërf, maar leen dit by ons kinders en ‘n stille getuienis van ‘n lewe geneem is om meer agter te laat as geërwe.

Gesondheid-spreker Me. Celia Tredoux praat oor geestesgesondheid en die stap van die Comino. Dis eintlik ironies dat so baie mense sukkel met geestesgesondheid, maar dat daar so min inligting daaroor beskikbaar is.

Sy doen ‘n beroep op ouers om hulself af te vra: moet my kind die beste wees of moet hy gelukkig wees? Dis ‘n toestand wat jou stil-stil bekruip en gewoonlik is jy so besig, want ons is mos almal maar “people pleasers” en dan is dit ‘n klein dingetjie wat die damwal laat breek. Sy doen ‘n beroep op ons om mooi na onsself te kyk.

Wat ons elkeen moet weet: -Jy is uniek

– Jy moet prioritiseer

– Om depressief te wees is nie ‘n skande nie.

– Dis nie ‘n swakheid nie.

– Elke dag het sy uitdagings

– Ons is almal atlete in die resies.

– Raak ontslae van jou bagasie

Wat jy kan doen:

Praat daaroor, moenie opkrop nie, bly aktief, moenie jouself isoleer nie, eet gesond en gereeld, drink genoeg water, soek hulp, doen iets wat jy geniet, slaap genoeg.

Die Comino is ‘n geestelike reis wat mense stap – elkeen om sy of haar eie redes. Dit het ontstaan toe Paulus na die onderskeie gemeentes toe gestap het. Jy moet stapfiks wees en jou voete moet ingestap wees. Dis ‘n strawwe stap en jou eindbestemming vir die dag, soms selfs 30 km ver teen stywe pas op moeilike terrein. Dis ‘n staptog wat sprekend is van die lewe – soms stap jy teerpad en ander dae moet jy modder en slaggate trotseer. Op die reis, van meer as 796km (hang af waar jy begin en eindig) ontdek jy baie van jouself, jy leer dat jy met min kan klaarkom, jy mis jou mense en jy maak vriende van alle nasionaliteite en alle godsdienstige denominasies.

 

Leefstyl: Me Landi de Beer praat oor die verskillende figuur-vorms waarin dames kan pas. Sy begin deur te sê:

Werk aan jou lyf en aanvaar jou lyf. Begin deur kaal voor ‘n spieël te staan en na jou lyf te kyk. Besluit waarvan jy nie hou nie, maar sien ook dit raak wat mooi is. Sy identifiseer 5 figure – die peer-, die appel-, die omgekeerde driehoek, die uurglas en die reghoek. Al die “foute” kan reggestel of gekamoefleer word deur die regte kleur, lyne, patrone en die helderheid of dan net van die kleur op die regte plek te gebruik.

Werkswinkel aangebied deur Sirkel Leefstyl Saamroeper Mieke Bezuidenhout:

Lede maak kaartjies met Knope-Kuns om aan te sluit by Kunste se kompetisie vir 2025.

Voormalige VLVK President Erika Lubbe geniet ook die werkswinkel.

Sirkel bestuur: Agter van links na regs Marion Botma (Saamroeper Gesondheid), Christa Lochner (Saamroeper Landbou en Tuinbou & Voorsitter Augrabies), Esmé du Toit (Saamroeper Opvoeding & Kutuur en Voorsitter Marydale), Elmarie van Niekerk (Saamroeper Leefstyl), Keppies Spangenberg (Voorsitter Kakamas), Mieke Bezuidenhout (Sirkel Tesourier, Saamroeper Kunste & Handvlyt en Voorsitter Oranjevallei). Voor van links na regs: Amanda Kuys (Waarnemende Hulp Leefstyl), Wilna Nel (Sirkel President), Corrie Liebenberg Visie-President en Voorsitter Prieska) en Elize de Jager (Voorsitter Upington).

Kompetisie artikels. 

Uitnodiging vir  Konferensie 2025.

Konferensie 2024 aan die gang.