Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 14 Maart 2024

Dr. Lizane Riekert van die Panorama Pynkliniek het waardevolle inligting rakende pyn met ons kom deel. Pyn is ‘n onaangename, sensoriese en emosionele ondervinding. Geen twee mense ervaar pyn in dieselfde mate of om dieselfde redes nie. Daar is drie tipes pyn nl. Akute pyn: dis ‘n skielike pyn en eindig net wanneer dit behandel word, soos bv. gebreekte bene; Episodiese pyn: dit word net van tyd tot tyd ervaar, bv.migraine; Chroniese pyn: dit kom vir langer as drie maande, of die verwagte herstelproses,voor, bv. lae rugpyn.

Daar is verskeie faktore wat pyn veroorsaak, nl. Biologiese faktore soos breinfunksie en genetika; Sielkundige faktore, soos buie en angs, en Sosiale faktore soos om sonder ‘n ondersteuningstelsel te funksioneer.

Chroniese pyn kan baie oorsake hê. Lae rugpyn is die algemeenste pyn in ons moderne tyd. 77% van mense wat pyn ervaar, het nekpyn. Osteoartritis is ‘n degeneratiewe gewrigsiekte en is die algemeenste vorm van artritis.

Die doel van pynbeheer is om jou lewenskwaliteit te verbeter, wat o.a. medikasie, mediese prosedures, gedragsaanpassings, fisioterapie, arbeidsterapie en leefstyl-en dieëtaanpassings behels.

Op die foto: Charlotte Huysamer (sameroeper), Annalise Seas (wat die bedankings gedoen het), Linda Hiemstra (fisioterapeut), dr. Lizane Riekert (spreker)