Sirkel: Paarl

Portefeulje: Sirkelkonferensie

Saamroeper: Strand-tak bied Konferensie 2024 aan

Berriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 13 Maart 2024

 

Strand-tak bied 2024 Konferensie aan

 

Die 2024 jaarlikse Konferensie van Sirkel Paarl, is hierdie jaar deur die lede van Strand-tak aangebied.

Dit was ‘n pragtige goed georganiseerde Konferensie in die kerksaal van Strand-Noord gemeente.

Die tafels was versier met glasbakke met blou water en skulpe in. Oral was skulpe en items uit die see en die gaste kon die “See”-tema voel.

Die vlagseremonie en verwelkoming is waargeneem deur die Sirkel President, mev Marinda Rall. Daarna het Ds Fourie Rossouw, leraar van die gemeente, die Konferensie geopen met skriflesing en gebed.

Groete boodskappe is oorgedra en saamroepers van die verskillende portefeuljes het aannames gevra vir hul jaarverslae.

Die sprekers wat opgetree het was van hoogstaande gehalte. Ds Fanie Kriel, pastorale Sielkundige van die Paarl het die gehoor toegespreek oor sorg vir ons kinders, ons nageslag.

Wat is die groot uitdagings vir die jeug en hy het klem gelê op die Tema van VLVK nl, Ons jeug, ons Toekoms. Waar moet ouers mee help en raad gee.

Met die Februarie ampsdraersvergadering het mev Marinda Rall aangekondig dat sy gaan uittree na 14 jaar as president. Daar is dus nominasies ontvang en tydens Konferensie is mev Karen Barnard, van Suider Paarl-tak, eenparig aangewys as nuwe president van Sirkel Paarl.

Vanaf die program, die verrigtinge van die Dinsdag, die eetgoed by die tee tot die middagete was alles van hoogstaande gehalte en was dit ‘n suksesvolle Konferensie.

 

Mev leta Du Preez, voorsitter van Stand-tak wat Konferensie aangebied het.

 

Hoofbestuur en saamroepers van die Sirkel Paarl. Agter vlnr: Me Amelia Jacobs (Kuns en Handvlyt), Christene van Zyl (Gesondheid), Leta du Preez (Openbare Sake), Mia Louw (Landbou en Tuinbou), Berta Spangenberg (Sekretaresse), Aletta Keyser (Tesourier) en Juanita Loubser (Leefstyl). Voor vlnr: me Gonny du Plessis (VisePresident), Mev Marinda Rall (President) en Karen Barnard (Naaldwerk).

 

Mev Marinda Rall word bedank vir haar 14 jaar diens as President van Sirkel Paarl. Sy ontvang twee VLVKaap Roosbome en ‘n geskenkbewys.

 

 

Taklede van die Strand-tak wat verantwoordelik was vir aanbied van Konferensie.

 

Mev Marinda Rall, oud President by die nuwe president van Sirkel Paarl, Mev Karen Barnard.

 

Hoofbestuur en Eregaste Agter vlnr: Mev Corlia Douglas, Ds. Fanie Kriel, mev Rene Nel, mnr Arrie Rall, me Elsa Hanekom, mev Dinette Lochner,

Mev Aletta keyser, Mev Jean Rosenstein, Mev Elmarie van der Spuy Maerschalk.  Voor vlnr: Me Steffie Brink, Berta Spangenberg, Gonny du Plessis en Mev Marinda Rall.

 

Daar was fluks aan al die kompetisies deelgeneem.

 

 

Die tafels en saal was pragtig versier met ‘n “See”tema.

 

‘n Oulike item gelewer deur dames van Strand-tak.