Sirkel: Middelland
Portefeulje: Konferensie
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 13 Maart 2024
Sirkel Middelland Konferensie Prysuitdeling en Spesiale Toekennings
Die prysuitdeling en spesiale toekennings was ongetwyfeld een van die hoogtepunte op Sirkel Middelland se Konferensie agenda op 13 Maart 2024. ‘n Totaal van 35 trofeë is deur Annette Deyzel, vorige Sirkelpresident, oorhandig.
Die algehele wenner van die VLVK Leefstyl-kompetisies was Hercula-tak, terwyl die wenner van gebak, gebottel en lekkers Rocklands-tak was.
Veronica Taljaard ontvang die Hannah Hayward trofee vir Leefstyl-kompetisies namens Hercula-tak
Heidi Gerber ontvang die Jackie Barnardt trofee vir gebak, gebottel en lekkers namens Rocklands-tak
Die algehele wenner van die VLVK Kunste & Handvlyt-kompetisies was Carpe Diem-tak.
Gene Crause ontvang die Maximale trofee vir Kunste & Handvlyt namens Carpe Diem-tak
Hercula-tak was egter die algehele kompetisie wenner van die dag, met die meeste punte in totaal.
Marlene Erasmus ontvang die AB van Heerden trofee vir meeste punte in totaal namens Hercula-tak
Sirkelpresident Hannelie Low maak verskeie spesiale toekennings:
Acqua-tak het die meeste nuwe aantal lede, terwyl Willowmore-tak die grootste persentasie vermeerdering in ledetal het.
Ateline Meiring ontvang die Nouveaux trofee vir meeste nuwe lede namens Acqua-tak
Jackie Barnardt ontvang die Crescita trofee vir grootste persentasie vermeerdering in ledetal namens Willowmore-tak
Aberdeen-tak ontvang die toekenning vir promosie en gemeenskap ondersteuning, terwyl Acqua-tak die toekenning vir mees innoverende takprojek ontvang.
Lize de Jager ontvang die Helen Crause Eximia trofee vir VLV promosie en gemeenskap ondersteuning namens Aberdeen-tak
Ateline Meiring ontvang die Annette Deyzel trofee vir mees innoverende takprojek namens Acqua-tak
Lea van der Vyver van Aberdeen-tak word aangewys as Voorsitter met die meeste deursettingsvermoë en Welda Lategan van Steytlerville-tak ontvang die toekenning vir die mees uitstaande administrasie.
Lea van der Vyver van Aberdeen-tak ontvang die Annette Deyzel trofee vir Voorsitter met meeste deursettingsvermoë
Welda Lategan van Steytlerville-tak ontvang die Etitia Conradie trofee vir Voorsitter met uitstaande administrasie
Die lid wat erkenning kry vir die ekstra myl wat sy vir VLV loop, is Edith Barris van Alexandria-tak, terwyl die Tak Tesourier trofee aan Moniques Büchner van Despatch gaan.
Erentia Hendrikzs ontvang namens Edith Barris van Alexandria-tak die Tessa-Bella trofee vir lid wat ekstra myl vir VLV loop
Moniques Büchner van Despatch-tak ontvang die Arcarius-tak Tesourier trofee
Leave A Comment