Sirkel: Griekwaland-Wes

 

Datum: 13 Maart 2024

 

Verslaggewer: Jorietha Kirsten

Sirkel Griekwaland-Wes gaan Hippie Chic

 

 

Die 91ste Sirkelkonferensie is aangebied deur Griekwastad-tak met die tema “Hippie Chic”. Die gaste was in die tema aangetrek en tafels helderkleurig gedek in kolle en strepe. ‘n Koedoe onder ‘n kameeldoringboom in die saal het herinner aan die Griekwaland-Wes.

 

Sprekers was dr Jess De Bruyn wat gaste ingelig het oor alternatiewe genesing, om stres te verlig, gesonde eetgewoontes en natuurlike middels. R&J Fire arms het waardevolle inligting verskaf oor die vuurwapenwet, wapenopleiding en beveiliging. Anzil Kulsen, bekroonde skrywer, was die gasspreker oor “Ons Jeug, Ons Toekoms”. Sy het ook die woordkuns beoordeel. Gaskunstenaar, John Nelson, het die gaste vermaak met sy pragtige sang en het ligte liedjies asook lofliedere gesing.

 

Die Dankiepersoon, Tokkie Fourie van Niekerkshoop-tak, doen groot liefdadigheidswerk in die gemeenskap met ‘n eie kliniek wat sy bedryf. Linda Jansen van Griekwastad-tak is aangewys as sterlid vir uitstaande werk in die tak. Lede het vlytig deelgeneem aan die kompetisies en artikels was van hoogstaande gehalte. Volop-tak het die meeste punte behaal. Die termyn van ons huidige Sirkelpresident, Machel van Niekerk, het ten einde geloop en die nuwe Sirkelpresident, Saretha Pieterse, is verkies en word gelukgewens. Mag die Here haar seën gedurende haar termyn.

 

 

Tafels feestelik gedek in hippie chic.

 

 

‘n Koedoe herinner aan Griekwaland-Wes.

 

 

John Nelson tree op tydens konferensie.

 

 

Tokkie Fourie, die Dankiepersoon.

 

 

Vlnr Linda Jansen, sterlid en Marinda van der Westhuizen, mooiste hippie.

 

 

Vlnr David Kriel, Anzil Kulsen – gasspreker, John Nelson – gaskunstenaar, Ruby Kriel – voorsitter Griekwastad, Mev Nelson.

 

 

Lede van Volop, tak met meeste punte tydens konferensie

 

 

Vlnr Saretha Pieterse, nuutverkose Sirkelpresident en Machel van Niekerk, uittredende Sirkelpresident