Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Konferensie
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 13 Maart 2024
Aberdeen presteer tydens Middelland Konferensie
Twee afgevaardigdes van Aberdeen-tak, Lize de Jager en Petro Marx, woon die Sirkel Middelland Konferensie op 13 Maart 2024 in Gqeberha (PE) by. Voorsitter Lea van der Vyver is ook teenwoordig, aangesien sy beide die Visepresident en Sekretaris van Sirkel Middelland is.
Aberdeen afgevaardigdes Lize de Jager (links) en Petro Marx (regs).
In die fotografie kompetisie getiteld “Begin van ‘n nuwe dag”, wen Lizemari Jordaan die tweede prys vir haar foto wat 90% behaal.
Lizemari Jordaan se foto getiteld “Belonings vir vroeg opstaan”, wat tweede prys verower.
Tydens die prysuitdeling maak Sirkelpresident Hannelie Low verskeie spesiale toekennings, waaronder Aberdeen twee trofees ontvang. Eerstens ontvang die Tak die Helen Crause Eximia trofee vir VLV promosie en gemeenskap ondersteuning. Dan ontvang Lea van der Vyver die Annette Deyzel trofee vir Voorsitter met meeste deursettingsvermoë.
Lize de Jager ontvang die Helen Crause Eximia trofee vir VLV promosie en gemeenskap ondersteuning namens Aberdeen-tak.
Lea van der Vyver van Aberdeen-rak ontvang die Annette Deyzel trofee vir Voorsitter met meeste deursettingsvermoë.
Wat Facebook-berigte aanbetref, bereik Aberdeen se plasings gedurende die jaar die meeste mense, nl. 2000 – 5300 per plasing. Ander Takke word uitgedaag om hierdie voorbeeld te volg.
Dan was daar ook ‘n borgskap vanuit Aberdeen, met Husky’s Skeerdienste wat 100 bottels water geskenk het vir die aandfunksie voor Konferensie.
Bottels water vir die aandfunksie geborg deur Husky’s Skeerdienste.
Laastens word Lea van der Vyver herverkies as Sirkel Middelland Sekretaris vir die volgende termyn.
Leave A Comment