Tak: Kleinmond

Sirkel: Overberg

Portefeulje: Konferensie

Beriggewer: Alice van Rooyen

Datum: 13 Maart 2024

 

90ste Sirkel Overberg Konferensie te Kleinmond

 

Groepfoto van Kleinmond se taklede by die Sirkelkonferensie waar hulle bont gestaan het.

Hermien van Zyl (links op foto), voorsitter, gasvroutak Kleinmond, steek die Welwillendheidskers op by die 90ste Overbergse Sirkelkonferensie. (Regs op foto is Elbé Fourie).

Petra Potgeieter is heel links, sy het die Mosko-prys gewen vir die mees uitstaande gebak: Nougat.  Hermien het tweede prys gewen vir haar gebottel en Alice van Rooyen het eerste prys gewen vir die Rosyntjie-brood.  Petra se Nougat en Kaastertjies was eerste.

 

Hermien van Zyl ontvang die trofee namens Kleinmond wat tweede prys behaal het in die Overberg. Rienie Lüdick is regs op foto.

 

Rienie Ludick het die kers op die verjaarsdag koek aangesteek in Kleinmond by die Sirkel Overberg se 90ste Konferensie op 13 Maart 2024.

Rienie Lüdick met Dr. Annelie Rabie by Sirkel Overberg se 90ste Konferensie in Kleinmond op 13 Maart 2024.

Wendy Maartens van Kleinmond het die opening, skriflesing en gebed behartig by die Sirkel Overberg se 90ste Konferensie in Kleinmond op 13 Maart 2024.

Hilda Woudstra het namens die Gesondheid-portefeulje inligting gedeel oor die belangrikheid van gesond eet vir die jeug – en ook vir volwassenes by die 90ste Sirkel Overberg Konferensie op 13 Maart 2024 in Kleinmond.