SIRKEL: WESKUS
TAK: GRAAFWATER
PORTEFEULJE: KUNSTE EN HANDVLYT
SAAMROEPER: CAROL LOUBSER
BERIGGEWER: MARINA VISSER
DATUM: 12 MAART 2024
Graafwater besoek Nico’s Art
Op Dinsdag 12 Maart 2024 besoek Graafwater VLV Nico’s art in Lambertsbaai vir hulle Kunste en Handvlyt vergadering o.l.v Carol Loubser.
Daar is eers lekker gekuier voordat Ds Nico van der Merwe meer vertel het van sy lewe en sy kuns.
Ds van der Merwe studeer aan verskeie instansies. Voor hy met sy teologie studies begin voltooi hy sy L.L.B en H.O.D grade.
Sy ma was ‘n goeie portret skilder en hy het aanvanklik begin om figure te teken. Kort voor lank het hy begin eksperimenteer en die figure uit klei begin maak. Hy vorm die beeldjies met ‘n draad en gebruik dan hoofsaaklik klei wat lugdroog word. Dis ‘n lang proses van geduldig en versigtig werk en van nie moed opgee as hy nie na die eerste probeerslag al iets regkry nie. Hy maak ook gebruik van tou om die hare te vorm en “wet wipes” is ideaal om op verskeie interessante maniere te gebruik. Ds van der Merwe sê dié kunsvorm vra 10% talent en 90% oefening van hom. Hy vind sy inspirasie om hom, maar maak ook beeldjies op bestelling. Hy het geleentheid gegee aan van die vroue om ‘n beeld te gaan haal wat met hulle “praat”, want elkeen van die beelde vertel ‘n storie. Daar is bv beelde van die vrou op die bank wat vir die kinders en hond ‘n storie lees, die vroue met hul mandjies wasgoed en die van kinders wat vis vang.
Ons is weer herinner om te werk aan ons talente, om te gebruik wat ons het en om inspirasie rondom ons te vind.
Magda Kotze borg ons Afrikaanse woord: Hittete (amper).
Gelukkig het daar nie so hittete ‘n beeld geval nie, maar selfs al sou dit gebeur het – Ds van der Merwe sê dan is dit in elk geval tyd dat hy heel gemaak moet word.
Ons verwelkom altyd enige besoekers. Kontak gerus enige van ons lede of los vir ons ‘n boodskap op ons Facebook-blad: Graafwater VLV
Ds Nico en Mev Ethna van der Merwe by Carol Loubser
Daar word lekker gekuier en vergadering gehou
Beeldjies
Leave A Comment