Sirkel: Sirkel SWD
Datum: 6 Maart 2024
Beriggewer: Lydie Terblanche
In gepaste VLV-tradisie het Elize Locke, Sirkel-President van SWD, die Konferensie ingelei.
Daar was 7 sirkelbestuurslede, 30 afgevaardigdes, 29 dagbesoekers en 3 ere-gaste teenwoordig wat almal spesiaal verwelkom is: Oud-sirkelbestuurslede: Johlene Muller (Voëlvlei), vorige sirkelpresident van SWD en VLVK-beoordelaar; Ria Muller (Herbertsdale); Anita Fourie (Diepkloof) beoordelaar; sprekers Maruanda Wynne en Elmarie Engelbrecht; Oud-sirkelpresident Marie Louw, (Tygerberg); VLVK-beoordelaar en Kurator van die Tekstielmuseum, Linzetta Marx; SWD beoordelaar Driekie Uys; Mickey Louw van Brilliant Events (klank); Voëlvlei taklede; SWD-bestuur; afgevaardigdes; en dagbesoekers.
Kunste en Handvlytsaamroeper, Petro Doman se spreker was Maruanda Wynn.
Maruanda het haar storie oor Hartlap en haar boek, Annemarie, asook al haar hardloop-stories vertel. Sy verf, maar haar verf is borduurgare, getiteld, In her shoes, kunswerk op lap. Sy gebruik haar kuns om ‘n bewustheid oor vrouemishandeling te skep. Haar boeke is geskryf deur onderhoude met verskillende vroue.
Nadat ‘n hond haar gebyt het, was sy lank onder mediese sorg, en het sy Kintsugi-kuns bemeester.
(Kintsugi is the Japanese art of putting broken pottery pieces back together with gold). Die gaste was meegevoer deur haar inpsirerende storie. Van die reaksie was “So diep, eerlik en daag ons uit om braaf te wees, baie dankie. Briljante spreker wat tot elkeen gepraat het. Besonderse vrou met vele talente. Baie meelewend en gevoelvol”.
Amanda Prinsloo, bestuurder, van die ACVV Seebries Tehuise in Mosselbaai, ontvang tafeldoeke, plekmatjies, 15 gordyne en ‘n wavrag toiletware as deel van SWD se projek vir konferensie 2024.
SWD se “Dankie-persoon” hierdie jaar is Suzette (Zettie) v.d. Westhuyzen van ZJ Hulpsentrum in Aalwyndal. Daar word ‘n kort video oor die sentrum vertoon waarvoor die takke kniekombersies geskenk het, asook ‘n SWD-donasie van R2 000.
Daar was ook ‘n mini-nostalgiese terugblik op Sirkel SWD se 90 bestaansjare. Die PowerPoint is deur Sandra Nolte en Lydie Terblanche saamgestel. Om 90 jaar se geskiedenis in plus minus 30 skyfies op te stel, was nie ‘n maklike taak nie.
Die VLVK se tema “Ons Jeug ons Toekoms”, dien as inspirasie om Anna van Rensburg, graad 8-leerling en kleindogter van Chrisilda van Rensburg (Voëlvlei), te vra om die koek te bak en te versier. Anna se liefde vir bak en versier is geprikkel omdat sy dit van kleins af saam met ouma Chrisilda gedoen het. Anna was 8 jaar oud toe sy vir die eerste keer haar eie verjaardagkoek versier het. Anna kom met allerhande idees vir die versierings vorendag en dan kuier die twee lekker om die oond en tafel. Chrisilda het die koek ingebring en Johlene Muller het die koek gesny met “Veels geluk liewe SWD…” samesang. Mag sirkel vir nog 90 jaar voortbestaan.
Valeria Terblanche Opvoeding en Kultuur sameroeper doen ‘n lekker interessante en humoristiese PowerPoint-aanbieding oor die ACWW se werksaamhede. Drie SWD-lede het in Mei 2023 die 30ste driejaarlikse konferensie te Kuala Lumpur, Maleisië bygewoon.
Leefstylsaamroeper Christine Coetzee het vir Elmarie Engelbrecht gekry om met voedsame en kleurvolle bestanddele twee slaaie te gedemonstreer: Lensie wortels- en ‘n Winterslaai, die resepte is beskikbaar gestel.
Lydie Terblanche bied ‘n gekombineerde Landbou & Tuinbou, Openbare Sake PowerPoint-aanbieding, toer deur Bali aan.
Petro Doman kondig die Kunste en Handvlyt-wenners aan en is Anita Fourie (Diepkloof), behartig die oorhandig.
VLVK: medaljes
Beeldende kuns drie houthuisies Dorea du Plessis Hartenbos 76%
Handvlyt shabby chic Marietjie Schaaf Blanco 83%
Fotografie Begin van ‘n nuwe dag Karen Nel Sedgefield 87%
Woordkuns Die vere maak die voël Miemie de Lange Sedgefield 95%
Sirkel: Trofeë
Handvlyt Handgemaakte papierkaartjie Annette Greef Oudtshoorn 86%
Handvlyt Volstruiseierdop mosaïekbak Isabella J v Nieuwenhuizen Oudtshoorn 88%
Fotografie Illusionêre fotografie Joma Meyer Voëlvlei 89%
Skilderkuns Portret van ‘n vrou Immie Howard Eden 84%
Woordkuns Beeld van ‘n vrou Maretha v.d. Westhuizen George 94%
Boekbespreking Ek wens, ek wens Maretha v.d. Westhuizen George 76%
Mees uitstaande Kunste en Handvlyt-artikel op konferensie: SWD-woordkuns, Die beeld van ‘n vrou. Miemie de Lange, Sedgefield, 95%
Meriete toekennings vir VLVK-kongres-wenners 2023:
Kunste en Handvlyt:
Fotografie: Nellie Viljoen (Heidelberg) – 2de
Woordkuns: Immie Howard (Eden) – 6de
Dot Art: Trienie Barnard (Oudtshoorn) – 2de.
Sirkel SWD meeste punte in Kunste & Handvlyt
Christine Coetzee kondig die Leefstyl-wenners aan terwyl Johlene Muller die trofeë oorhandiging behartig.
VLVK: Leefstyl medaljes
Borduurwerk: GEEN
Masjienwerk: GEEN
Breiwerk: Damesoortrektrui Petro Heyns Oudtshoorn 80%
Hekelwerk: Melkbekerdoilie Annette Greef Oudtshoorn 83%
Weefwerk: Snoesige serp Isabella J v Nieuwenhuizen Oudtshoorn 80%
Wisselafdeling: Bedoorgooi Rolien Smit Hartenbos 82%
SIRKEL: Leefstyl Trofeë
Masjienwerk: Teevoorskoot Ria Fourie Voëlvlei 78%
Hekelwerk: C2C-kussing Elize Locke Voëlvlei 80%
Allerlei: kreatiewe deurstop Gerda v.d. Westhuizen Sedgefield 80%
KOOKKUNS: Leefstyl Trofeë
Gebak: versierde soetkoekie Heila Bothma Herbertsdale 85%
Gebottel: Makataan GEEN
Mikrogolf: botterbroodjies Petro Heyns Oudtshoorn 78%
Meeste punte: 1ste Stilbaai 235
2de Voëlvlei 219
3de Oudtshoorn 150
Mees uitstaande Leefstyl-artikel op konferensie 2024: VLVK-wisselafdeling, bedoorgooi, Rolien Smit (Hartenbos)
Meriete toekennings vir VLVK-kongres-wenners 2023:
Borduurwerk: Driekie Uys (Heidelberg) – 3de
Breiwerk: Anna-Marie v.d. Merwe (Voëlvlei) 3de, Bea Loubser (Stilbaai) 2de
Hekelwerk: Sanet Ras (Blanco) 5de; Elize Locke (Voëlvlei) 2de; Anne-Marie v.d. Merwe (Voëlvlei) 1ste
Wisselafdeling: Rolien Smit (Hartenbos) 6de; Cecile v Greunen (Diepkloof) 5de
Spesiale Verdienstelikheid sertifikaat vir ledestyging aan SWD toegeken.
Sirkelpresident, Elize Locke doen ‘n PowerPoint-aanbieding waar sy elke tak se werksaamhede uitgelig.
Spesiale toekennings:
Meeste % lede styging – Eden
Meeste punte bo 30 lede – Voëlvlei (2585)
Meeste punte onder 30 lede – Oudtshoorn (2088)
Calitzdorp ontvang die Uitblinker-trofee.
Klein-Brakrivier ontvang die Simply the Best-trofee.
Baie geluk aan die takke en kompetisie-wenners.
- SWD Bestuur neem afskeid van jarelange Sekretaris, Sandra Nolte (regs), en verwelkom Marlene Lucas
- SWD bestuurspan, Links na regs, Valeria Terblanche, Christene Coetzee, Carol Scott, Elize Locke, Sandra Nolte, Lydie Terblanche, Petro Dorman 2024
- Zettie (links) van Hulpsentrum
- Die pragtige Konferensie saal
- Anna met 90-jaar koek
- Uitstallings 2, Kuns & Handvlyt uitstallings tydens Konferensie
- Uitstallings 1, Kuns & Handvlyt uitstallings tydens Konferensie
Baie geluk aan Elize en haar span met die pragtig gereëlde Konferensie! Dit was voorwaar ‘n groot sukses!
Baie interesante samestelling van al die konferensie bydraes.