Sirkel Weskus 91ste Konferensie te Piketberg
Datum: 6 Maart 2024
Webwerf Koördineerder: Annette Gilham
Die pragtige dorp Piketberg was vanjaar die gasvroutak en hulle
het behoorlik geblom met hulle feestelike tafels, pragtige programme en
pragtige blomsakke.
Die Kersseremonie is waargeneem deur: Louna Niehaus (Opvoeding &
Kultuur), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), Maggie Enever (Landbou &
Tuinbou), Nicoline Brown (Openbare Sake), Elize Knoetze (Kunste & Handvlyt),
Louwna Hoving (Voormalige Sirkelpresident) en Mev. Estelle du Plessis (VLVK-President).
Advokaat Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder bring haar
groeteboodskap.
Eregaste by Konferensie. Agter van links na regs: Mej.Kristin
Lochner (Spreker Kunste & Handvlyt), Mev. Sinnie Koegelenberg (Voormalige
Sirkel Tesourier), Mev. Joretha de Waal (Sirkelpresident Namakwaland),
Mev.René Nel (Sirkelpresident Sirkel Tygerberg), Mev.Marinda Rall
(Sirkelpresident Sirkel Paarl), Muggie du Toit (Voormalige Sirkel
Sekretaris).
Middel: Mev. Louwna Hoving (Voormalige Sirkelpresident), Mev. Estelle du
Plessis (VLVK-President), Mev.Rosa Lategan (Voormalige Sirkelpresident),
Mev.Elsabe Carstens ( Sirkelpresident).
Voor: Mnr.Gerrie Niemand (Spreker Openbare Sake), Mnr. Christo du Plessis
(gade van mev. Estelle du Plesssis), Mnr. Manus Spamer (Spreker Opvoeding &
Kultuur) en ons Gasspreker, Mnr. Eddie Conradie – Direkteur by JDM
Educational Technologies, besit en bestuur Beroepsgerigte- en Tegniese skole
in Sub-Sahara Afrika. Sy pa, Eddie senior, was ‘n stigterslid van Curro.
Die nuwe verkose Dagbestuur vir 2024: Mev. Elize Knoetze
(Visepresident), Mev. Dinette Lochner (Tesourier), Mev. Elsabe Carstens
(Sirkelpresident), Mev. Marié Grobbelaar (Sekretaris).
Die tien uit tien tak toekenning het gegaan aan Moorreesburgtak.
Mev. Marietjie Viljoen, Voorsitter van Moorreesburg ontvang die René Louw
-Trofee.
Mev. Elsabe Carstens (Sirkelpresident) het ‘n
verdienstelikheidsertifikaat aan mev. Rae Smit van Auroratak oorhandig.
Mev. Rae Smit het al 35 jaar as Voorsitter gedien in die tak.
Sirkel Weskus se Sirkelbestuur vir 2024. Mev. Mary-Ann van
Schalkwyk, heel regs agter, het na 3 termyne die tuig neergelê en mev.
Jolizna Smit van Clanwilliamtak, vierde van links agter is ons nuwe
Gesondheid Saamroeper.
Mev. Magda Kotze van Graafwater-tak ontvang die Louwna Hoving-Trofee
vir die tak met die meeste punte in Kunste & Handvlyt.
Mev. Alta Nel van Vredenburg-tak ontvang die Rosa Lategan-Trofee
vir die meeste punte in Huisvlyt.
Mev. Annette Gilham van Leipoldtvilletak ontvang twee trofeë. Die
Lambertsbaai-Trofee vir die meeste punte in Handwerk asook die
Porterville-Trofee vir die meeste punte in totaal. Baie hartlik geluk aan
Leipoldtville-tak!
Leave A Comment