Sirkelbestuur VLV Sirkel Cradock na die Bestuursvergadering op 5 Maart.  Vlnr: Agter Julita Puren, Lize Troskie, Teresa Opperman, 

Voor:  Alta Triegaardt, Isabel Wilken (Sirkel President, Nadia Bosch (Vise-president) en Jean-Marie Gouws (Sekretaris).

 

Isabel Wilken (Sirkelpresident) (links), saam met Rika Pienaar (Beoordelaar)

Isabel Wilken (Sirkelpresident), Nadia Bosch (Vise Sirkelpresident) en Jean-Marie Gouws (sekretaresse)

Sirkel Cradock Konferensie ‘n lushof

Die Vroue Landbouvereniging se Sirkel Cradock het op 5 en 6 Maart byeengekom in Somerset-Oos waar die jaarlikse Sirkelkonferensie gehou is.

Hierdie jaar was die 89ste Sirkelkonferensie van Sirkel Cradock, en die konferensie is in die Kerksaal op Somerset-Oos gehou, waar die asemrowende tuine rondom die saal en kerk ‘n lushof geskep het vir die dames om te ontspan tussen die onderskeie sprekers en demonstrasies.

Karen Jordaan het ‘n demonstrasie gelewer oor die maak van carpaccio en sy is bygestaan deur Jean en Melissa Jordaan. Puik moderne tafeldekwenke is ook gedeel.

Somerset-Oostak het hierdie jaar met die louere weggestap, en die trofee as Tak van die Jaar, sowel as die Verdienstelikheidstrofee in ontvangs geneem. Dit verg harde werk, en elke lid het meegedoen om hierdie droom te verwesenlik.

Coleen Traut vanaf Hofmeyr VLV tak, sal voortaan die portefeulje as Saamroeper van Openbare Sake volstaan op Sirkelvlak, en sy is slaggereed vir die opdrag. Sy dien ook as sekretaris en Landbousaamroeper by Hofmeyr VLV tak.

VLV Cradock, waar die Sirkel sy ontstaan gehad het 89 jaar terug, verkeer tans in ‘n ernstige krisis, nadat die jarelange, en hoogs bekwame voorsitter van die tak, Ria Meyburgh, verlede jaar ongesteld geraak het, en sedertdien gesterf het. Die tak is op soek na nuwe jong lede, wat met behulp van die moderne manier van doen, ‘n suksesvolle VLV tak in die dorp kan bedryf. Enige navrae kan aan die Sirkelpresident of oud VLV lede gedoen word, wat hul die telefoonnommers van VLV vroue in die area sal kan gee. VLVK wil graag die VLV tak op Cradock laat herleef.