SIRKEL: Tygerberg
TAK: Kuilsrivier
PORTEFEULJE: Landbou:
TEMA: Ons Viervoet en Vere Familie
SAAMROEPER: Marlene Lotz
BERIGGEWER: Mariëtte Krige
DATUM: 6 Maart 2024
Kuilsrivier se rusbank reis duur voort!
Bestemming vir die maand is Chilli!
‘n Baie spesiale opening vir die vergadering! Tina Stodard, een van ons eie Kuilsrivier-inwoners, sing vir ons toe! Pragtige jong mens met ‘n ongelooflike stem!
Voor ons in Chilli land het ons eers, met die oog op ons eie landbou en die liefde vir diere, by een van ons plaaslike veeartse kers opgesteek. Lekker het ons interaktief gesels met dr Juan Batt, oor wat die versorging van ons troeteldiere behels. Die honde, katte en voëls se behoeftes is bespreek. Van die kos, beddegoed, siektes en moontlike probleme en gedrag. Dan soos altyd, wat gemaak ons met die goggas wat ons geliefde troeteldiere terroriseer! Goeie raad en met kennis uit sy ondervinding, het dr Batt praktiese inligting gegee. Dr Batt is ook na-ure aan diens by die Panorama Dierekliniek, hy het ‘n sagte plek vir ons dierekinders!
Dr Juan Batt
Marlene Lots en haar span het daarna vir ons op ‘n lekker toer geneem na Chilli, ‘n lang maer land wat verskeie klimaatstreke het! Baie inligting van die deel van die wêreld waar nog nie een van ons dames was nie. Wanneer inligting so gedeel word, verbreed dit ons kennis en om die minste te sê, wek nuuskierigheid! Saam met al die klimaat, landbou, mense en alles wat in Chilli gebeur, het Tina Stodart het vir ons die volkslied van Chilli in Spaans gesing! Daarna, saam met die lekker eetgoed kon ons proe hoe een van die tradisionele koeke van Chillie proe. Die koek word “Tres Leche” genoem, vertaal “melk koek”. Die koek word met onder andere 3 soorte melk gemaak. Njam!
Marlene Lotz, saamroeper van landbou by Kuilsrivier, is ook ons oudste lid op die bestuur. Na al die jare nog vol idees en bereid om meer as haar deel te doen.
Die tafel mooi gedek in die kleure van Chilli, die Tres Lesche voor links op die tafel.
Leave A Comment