Sirkel: SWD

Tak: Hartenbos

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

Saamroeper: Annemie Erasmus

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 6 Maart 2024

 

Konferensie bied ‘n geleentheid vir rymelary

 

Vyf lede van VLV Hartenbos het op 6 Maart 2024 die SWD konferensie bygewoon. Die versierings, eetgoed en heerlike geselskap was vir elkeen ‘n wonderlike atmosfeer wat bygedra het tot die positiewe ervaring van die geleentheid.

Pragtig gedekte tafels

Pragtig gedekte tafels

 

Lede van die tak het presteer met ‘n eerste plek en goud aan Rolien Smit vir haar kwilt bedoorgooi. Dorea du Plessis het ook ‘n eerste plek met haar hout huisies verwerf.  Ida van Tonder het met ‘n tweede plek weggestap vir haar botterbroodjies.

 

Loper van Rolien

Huisies van Dorea

Botterbroodjies van Ida

Onder die groep bywoners van die VLV Hartenbos tak was Marietjie Albrecht. Sy kon nie inskryf vir enige afdeling nie, maar het tydens die konferensie haar unieke woordkuns beoefen, naamlik rymelary.

 

Marietjie beoefen hierdie kuns al solank as wat sy onthou. Oral waar sy in vergaderings en demonstrasies sit en luister en op toer is, beoefen sy haar kuns.  Deesdae doen sy dit sommer op haar foon. Toe sy nog in die onderwys was, het sy baie inligting tot ‘n paar eenvoudige paragrawe opgesom en dit later begin rym. Dis ‘n baie interessanter manier van verslag doen, haar manier van “doodle”.

 

Hier volg Marietjie se rymelary van die konferensie.

 

SIRKEL SWD SE 90STE KONFERENSIE

VOËLVLEI

Veronica van Rooijen

Wonder hoe ver het ons met 2023 se voornemens gevaar

Maar dis verby… en ons kan nou weer van voor begin

So, met Sy genade, wees net ‘n gelukkiger, vrygewiger, feesvierende weergawe van laasjaar.

 

Maruanda Wynne is kunstenaar, skrywer en atleet

Wat ‘n verskil wil maak aan vroue in leed.

Van Kintsugi—‘n proses wat herstel met goud

tot haar Hartlap gedig vir seer vroue se behoud.

Vader, tel die flenters rondom my op

En maak vir my ‘n heel hart…. Dat my pyn kan stop.

Heer, flenters van toe en nou

Wat my my hele lewe lank sal hou!

Haar gebed van Hoop verander vroue in Sirië en Indië

Tot 1375 vroue met “issues” soos Annemarie.

“Don’t judge people….who’s who?

If you haven’t walked in their inner shoes”

Wees nederig en vertrou elke dag, een dag op ‘n slag.

Dan lei God jou van vlag tot vlag.

Na ‘n aanval deur ‘n kompleks-hond

Loop sy vandag nog met ‘n onwegsteekbare wond

Om haar te herinner dat jou lewe tot stilstand kan kom…terstond…

Alleen, in die vroeë oggendure,

hou sy haar broosheid op ‘n afstand… tussen haar vier mure.

Maar dis “OK” om gebroke te wees

Want daar is niks wat meer troos as God se Gees.

 

Leefstyl se Elmarie Engelbrecht

Het toe aan ons demonstratief gesegd:

Bak patat, rooi uie en bete

Voeg by kekererte, pietersielie, koljander, granaatpitte en neute

Maak ‘n heerlike komynsousie

En siedaar….geniet om ‘n braaivleisvuurtjie. te “cozy”!

So maak mens met lensies, wortels, amandels en blare

Esmé en Jan van ouds sou gese het: Nie in ons jare!

 

Valeria Terblanche van Opvoedkunde en Kultuur

Neem ons op ‘n digitale reis na die WBPV kongres

In Maleisië…met Magdie de Kock aan die stuur

Dit is die grootste plattelandse organisasie van Oos na Wes en die res.

Ons is almal verskillend van mekaar

So geniet mekaar, respekteer en aanvaar

Dit maak ons sterk

Probeer gerus, dit werk!

 

Lydie van Openbare Sake sê haar liefde vir Bali

sal haar nooit ooit nie vaal’ie.

Almal is oor Landbou ingelig daar

Subak is die styl deur Unesco aanvaar

Kiaatbome word bewaar

Klimaat is of nat of droog…klinkklaar!

Hul stapelvoedsel is rys

Vir mens, dier en die wat daar rondreis.

Kokosneute is groen, geel en harige bruin

Gebruik dit droog, vir suiker, melk en olie…glo goed vir die brein.

Baie vars produkte: vreemd en bekend

Durian, Dragon, Snake en Jack fruit…ongekend.

(Klink vir my na ‘n dieretuin!)

Volop tofu en koffie en soja

‘n Bobaas bestemming vir ‘n smulpaap… sonder weerga.

 

Baie, baie dankie aan die formidabele Voëlvlei

Jul het vandag waarlik die spreekwoordelike koring van die kaf geskei.

Sterkte dan aan Sedgefield vir volgende jaar.

Hoop jul kry iets by Dr Vogel om die senuwees te bedaar!

 

Marietjie Albrecht

Hartenbos

 

By ons mede-taklede het Marietjie sommer die platinum medalje gekry.  Miskien ‘n kompetiese vir ‘n volgende keer…?