Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Datum: 6 Maart 2024

Beriggewer: Lydie Terblanche

 

Die “Simply the Best”-trofeë vir die beste VLV-tak in SWD is hierdie jaar weer aan Klein-Brakrivier toegeken.  Elize Locke, SWD Sirkel-President het tydens die SWD konferensie op 6 Maart 2024, die toekenning gemotiveer deur na hulle aktiwiteite in 2023 te verwys.

Lede van Klein-Brakrivier het tydens Internasionale Boomplant week deur die tuine van die Groot-Brakrivier stasie gaan wandel om ‘n draai te maak by die geelhoutboom wat hulle in 2021 daar geplant het.  Hulle plant by die geleentheid ‘n koorsboom.  Hul hou by ‘n latere geleentheid nog ‘n  boomplant-seremonie en plant ‘n wilde-kamfer. Hierdie aanhaling uit ‘n berig is so kosbaar, “Die boom staan eerstens as ‘monument’ vir Klein-Brakrivier se toekenning, van die “Simply the Best” by verlede jaar se konferensie (2023) en tweedens vir die tak se bydrae tot die  VLVK-projek, Bome vir ons Kinders/Trees for our Children.  Derdens, en nie minder belangrik nie, is dit om die Reebok Gemeenskapsaal waar die tak al vir baie jare byeenkom se tuin te verfraai, sodat die gemeenskap dit ook kan geniet”.

Klein-Brakrivier ondersteun weereens die “International Coastal Clean-up” projek.  Die oseaan verskaf kos aan die hele planeet en besoedeling is ’n globale probleem, met ‘n plaaslike oplossing. Elkeen van ons behoort deel van hierdie oplossing te wees.

Klein-Brakrivier onderneem baie uitstappies, so besoek hulle die Western Cape Butterfly Sanctuary in die Ruiterbos omgewing, ‘n leersame uitstappie na Hoërskool Outeniqua om meer oor hul akwaponika-tonnels te leer en hulle woon ook werkswinkels wat by omliggende takke aangebied is, by.  Lekker spanbou so ry-ry deur SWD.

Klein-Brakrivier help reël ‘n oggend saam met Dr. Meyer, die Minister van Landbou in die Wes-Kaap. Sirkel SWD se bestuurspan en taklede van Voëlvlei, Klein-Brakrivier, Stilbaai, Sedgefield, George, Blanco, Calitzdorp, asook boere-organisasies en plaaslike inwoners, het Dr. Ivan Meyer se praatjie in Groot-Brakrivier bygewoon.  ‘n Bos handgemaakte proteas (na ‘n werkswinkel by die Voëlvlei tak), pryk op die verhoog.

Taklede was deel van die Nasionale Hekel Maraton, gehou by Seefront Hartenbos waar ‘n nuwe rekord van 70 805 blokkies gehekel is.

Tydens hul gesondheid-vergadering deel Christelle de Waal wat 11 jaar gelede met drie verskillende soorte is, borskanker gediagnoseer haar besonderse moeilike pad wat sy geloop het.  Christelle oorleef haar kanker en is vandag deel van “Just Breath”, ‘n nie-winsgewende organisasie wat inligtingstukke aan borskanker pasiënte verskaf. Avontuurlustige dames van Klein-Brakrivier kon hulle hare teen ‘n R5 donasie, pienk spuit, die inkomste is aan “Just Breath”, geskenk.

*

Lynette Nel, Klein-Brakrivier Tesourier, is verkies as Gesondheid Sameroeper op die SWD-Sirkelbestuur.

Lydie Terblanche is die nuutverkose Redakteur van die VLVK se amptelike digitale tydskrif, Huis en Haard.

*

Klein-Brakrivier taklede het ook uitgeblink op die Konferensie met hul kompetisie inskrywings:

Beeld van ‘n Vrou (WOORDKUNS), 2e plek, Lydie Terblanche, 90%

Begin van ‘n nuwe dag (FOTOGRAFIE), 3e plek, Retha Nagel, 84%

Herinneringsboek (HANDVLYT), 3e plek Cecilia Pieterse, 80%

Illusionêre fotografie (FOTOGRAFIE), Ria Van Straaten, 77%

Herinneringsboek (HANDVLYT), Susanne le Roux, 77%

Snoesige serp   (WEEFWERK) 2de plek, Karen Kershoff, 76%

Handgemaakte kaartjie (HANDVLYT), Lynette Nel ,76%

Herinneringsboek (HANDVLYT), Retha Nagel, 75%

Handgemaakte kaartjie (HANDVLYT), Meisie Pretorius, 73%

C2C Kussing (HEKELWERK), Susanne le Roux, 72%

Volstruis eierdop mosaïek  (HANDVLYT), Christa Vreugdenburg, 70%

Snoesige serp (WEEFWERK), 3e plek Susanne le Roux, 69%

Snoesige serp (WEEFWERK), Christa van Dyk, 68%

Links na regs, Dawn Greyling, Susanne le Roux, (agter) Lydie Terblanche, (voor) Lynette Nel, (agter) Franci Raubenheimer, Leola Esterhuizen

Een van ons pragtige volstuiseierdop mosaiek inskrywings

Lydie Terblanche en Lynette Nel trots met trofee

Retha Nagel begin ‘n nuwe dag

Cecilia Pieterse se pragtige herinneringsboek

Woordkuns uitslae

Karen Kershoff se weefwerk

Dawn, Lynette en Susanne geniet die konferensie

Dawn Greyling een van Klein-Brak se dagbesoekers op Konferensie

Gerda Sieberts se Konferensie inskrywing