Tak: Aberdeen
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 6 Maart 2024
Kameras maak ‘n verskil & wees Verkiesingsparaat!
Tydens Aberdeen se Maart-vergadering, het Saamroeper vir Openbare Sake, Suzanne Lategan, twee baie relevante sprekers genooi. Dickie Ogilvie praat oor die werking van Agri Kameras in Landelike Gebiede. Dit is duidelik dat die kameras baie produktief is ten opsigte van veediefstal, plaasveiligheid, verdagte voertuie op die paaie, en so meer.
Hierna deel Riaan van Heerden die werking van die Kieserstelsel in Suid-Afrika. In die lig van die feit dat dit vanjaar verkiesingsjaar is, was dit van toepassing om al die inligting te hoor.
Suzanne open uit Psalm 66. As ons wil vlug moet ons ons toevlug tot God neem, en as ons beskerming soek, sal ons dit by God kry. Sy verseker ons opnuut – ons is in SY hande.
Luise de Jager & Clarissa Lategan sorg vir die allerheerlikste eetgoed. Suzanne Lategan wen die gelukkige trekking wat Christelle Nel geskenk het.
Dickie Ogilvie (spreker), Suzanne Lategan (Saamroeper Openbare Sake) & Riaan van Heerden (spreker)
Staande: Jadré Lategan (gas) , Lizé de Jager, Christelle Nel, Petro Marx, Alet Gouws, Elise Stynberg & Luise de Jager.
Voor: Colleen Ogilvy (gas), Clarissa Lategan, Suzanne Lategan & Lea van der Vyver
Mooiste spinnekoplelies uit Luise de Jager se tuin
Heerlike eetgoed deur Luise de Jager & Clarissa Lategan
Vergaderingtafel was pragtig versier
Leave A Comment