Sirkel: Weskus

Tak: Graafwater

Beriggewer: Marina Visser

Datum: 6 Maart 2024

 

Graafwater presteer tydens Konferensie

 

Op 6 Maart 2024 kuier van Graafwater VLV se dames heerlik saam met Piketberg en ander VLV-takke van Sirkel Weskus. Ons luister na alle interessanthede genoem deur die sprekers, waardeer alle mooi wat ons sien en eet heerlik. Ons is egter die dankbaarste dat ons kon terugkom huistoe met goeie resultate vir ons deelnames.

 

Ons het altesaam 15 inskrywings gehad (5 vir Leefstyl en 10 vir Kunste & Handvlyt)

 

Van 70% – 79% : Groente tert (Judith Janse van Vuuren)

Huisies (Martie du Plessis. Marina Visser)

 

Van 80% – 89%: Maaskaas (Magda Kotze – 3de plek)

Brownies (Hanli van Zyl – 1ste plek)

 

Van 90% – 100%: Huisies (Mariëtte van de Weide)

Herinneringsboekie: (Benita Gerber. Magda Kotze –

Magda behaal 1ste plek -100% vir haar boekie

Toneelstuk: (Magda Kotze. Marina Visser – 1ste plek)

 

Ons eindig derde in die Leefstyl-afdeling, eerste in die Kuns & Handvlyt-afdeling en algeheel tweede uit die 14 takke.

Van die Graafwater VLV dames by die 91ste sirkel konferensie te Piketberg.

Judith Janse van Vuuren en Carol Loubser

Annalize O’Neil en Mariette van de Weide (terloops, hulle is susters en Martie du Plessis (nie op foto’s) is hulle skoonsuster.

Debora van Wyk en Marietjie Visser

Kim Struben, Judith Janse van Vuuren en Carol Loubser

Astrid Basson en Rita van Lill

Hanli van Zyl, Magda Kotze, Marina Visser, Benita Gerber

(Benita het die Kunste & Handvlyt-beker namens Carol Loubser (saamroeper) ontvang, omdat sy ook deelgeneem het.