SIRKEL: KALAHARI
TAK: VRYBURG
DATUM: 28 FEBRUARIE 2024
TEMA: OPENBARE SAKE
AANBIEDER: GRISELDA PRETORIUS
BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN
Vryburg VLV ontvang besoek van Snoekie Erasmus, Sirkelpresident van Kimberley en distrikte, en Suritha Pretorius van Tadcaster VLV. Snoekie gesels oor die werksaamhede van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue, ‘n organisasie met meer as 9 miljoen lede in 84 lande. Die Vroue-Landbouvereniging is ook daarby geaffilieer.
Die organisasie het 17 doelwitte soos die uitwissing van armoede, geen hongersnood, goeie gesondheid, kwaliteit onderwys, geslagsgelykhied, skoon water en sanitasie, bekostigbare en skoon energie, industrie, innovasie en infrastruktuur, vermindering van ongelykhede, volhoubare gemeenskappe, verantwoordelike verbruik en produksie, klimaat, waterlewe, lewe op land, vrede, regverdigheid en sterk instellings asook vennootskappe om die doelwitte te bereik. Wêreld Omgewingsdag word elke jaar op 5 Junie gevier.
Magdie de Kock, Wêreldpresident van WBPV, het in haar boodskap haar vierpuntplan met lede gedeel:
1) Werk voluit! Doen wat jy kan, so goed as wat jy kan, in die tyd tot jou beskikking.
2) Waag voluit! Maak gebruik van geleenthede en beproef jou waagmoed.
3) Deel voluit! Deel jou tyd, besittings, kennis en vaardighede met ander.
4) Leef voluit! Ken Hom in alles wat jy doen, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
As deel van jeugprojek het lede sakkies vir sanitêre doekies gemaak wat aan skoolmeisies geskenk sal word.
Snoekie Erasmus, Griselda Pretorius en Eurika Byleveld met ‘n teedoek van die vorige wêreldkongres wat in Maleisië gehou is.
Marthie Grobler, Carien van Niekerk, Soekie le Roux en Nellie Viljoen is van die lede wat sakkies gemaak het.
Leave A Comment