Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 28 Februarie 2024

 

Elien Menge (Saamroeper: Openbare Sake) wat die vergadering aangebied het.

 

 

Die dekor het gepaste idiome uitgebeeld, soos “om jou geld in die water te gooi” en “geld groei nie aan bome nie”.

 

Lede kon op die dag soos boemelaars aantrek. Dit het vir groot pret gesorg. Voor: Hettie du Plessis-Krüger. Agter vlnr: Petro Spangenberg (Saamroeper: Kunste & Handvlyt), Erika Sieberhagen, Marinda Stander (Wen-boemelaar), Marianne Vorster (Voorsitter), Ansie Cilliers (Saamroeper: Landbou & Tuinbou), Sona Uys, Erika Engelbrecht en Marike Engelbrecht (Wen-boemelaar in die Volgende Voetspore-afdeling).

 

Openbare Sake Saamroeper, Eien Menge (middel), saam met die twee wen-boemelaars, Marinda Stander (links) – Volwasse VLV-lid met die beste boemelaarsuitrusting en Marike Engelbrecht (regs) – Volgende Voetspoor met die beste boemelaarsuitrusting.

 

As Jan Taks jou laat rympies maak

 

Petro Spangenberg in ‘n boemelaarsuitrusting.

 

 

Petro Spangenberg het op Woensdag 28 Februarie 2024 tydens ‘n Openbare Sake vergadering van VLV Kuruman-tak heel liries geraak oor Jan Taks. Die vergadering het oor inkomste belasting gehandel. As Kunste & Handvlyt Saamroeper én gepubliseerde digter, het Petro aan lede verduidelik hoe om ‘n limeriek te skryf.

Die limeriek bestaan altyd uit vyf reëls en dit lyk so: Die eerste, tweede en vyfde reëls is ewe lank. Reëls 3 en 4 is korter en word effens weg van die kantlyn geskryf. Die eerste reël is gewoonlik oor ‘n persoon en die plek waarvan hy kom.

 

There once was a man from Nantucket
Who kept all his cash in a bucket.
    But his daughter, named Nan,
    Ran away with a man
And as for the bucket, Nantucket.

 

Die lang reëls kry dieselfde rymwoord aan die einde en die kort reëls ook weer hulle eie rymwoord, sodat daar aabba-rympatroon is. Tradisioneel begin elke reël met ʼn hoofletter.

 

Die limeriek het ook ʼn spesiale ritme (metrum)

taTAM tattaTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM tattaTAM

 

Spangenberg het self twee skreeusnaakse limerike oor Jan Taks geskryf en tydens die geleentheid voorgelees:

 

Jan Taks

So een keer ‘n jaar is ek in gevaar
Want dan moet ek al my geheime verklaar
Maar dis ook net ‘n mite
Soos ‘n rot in die riete
Ek wil nie van jou hoor net as ek verjaar nie

 

Die aaklige Jan Taks

Die aaklige Jan Taks bly snoesig in sy kas
Hy loer soms uit met sy snor en sy das
Vir hom is ek niks bang nie
vir my kan hy nie vang nie
Ek sal liewer vir hom kielie tot hy skater uit sy kwas

 

 

Wie moet inkomstebelasting betaal?

 

Hannetjie Smit het die vraag, “Wie moet inkomstebelasting betaal?” beantwoord tydens VLV Kuruman-tak se Openbare Sake vergadering.

 

 

Hannetjie Smit het die vraag, “Wie moet inkomstebelasting betaal?” beantwoord tydens VLV Kuruman-tak se Openbare Sake vergadering wat op Woensdag 28 Februarie 2024 by Boa-Fé in Kuruman gehou is. Hannetjie se kort antwoord: “Almal.”

 

Sy het natuurlik ook ‘n uitgebreide antwoord gegee:

Die rede waarom belasting gehef word, is om die staatsdiens in sy geheel te finansier. Dit beteken die parlement, hospitale, welsynsorganisasies, pensioene vir ouer mense en gestremdes, skole en ander opleidingsinstansies, sowel as die onderhoudsgeld vir kinders en die R350 bestaanstoelaag vir werkloses. Dit word ook benodig vir paaie en ander infrastruktuur om die land in sy geheel instand te hou.

 

Daar is verskillende belastings wat gehef word. Hier volg ‘n paar van die bekendstes:

 

Vir ons almal is BTW seker die mees algemene, omdat dit ons almal beïnvloed. Feitlik alles wat ons koop dra BTW, maar daar is ‘n paar waarop 0% BTW gehef word, soos die basiese voedselsoorte, naamlik: Mieliemeel, stampmielies, meel, eiers, rou en blikkies vis, bruinbrood, rys, vars groente, vrugte, ens.

Die boere wat op die korrekte manier vir BTW geregistreer is, kry ook voer, veemiddels, sekere plaagbeheermiddels, onkruiddoders, ens teen 0% BTW.

 

Salaristrekkers is baie bekend met LBS. Ons praat gewoonlik van “Pay as you earn”, wat presies sê wat dit is. Die laagste belastingskaal is 18%, wat by ongeveer R8000 per maand begin realiseer.

Ons belastingstelsel het ‘n progressiewe blokkoers wat vir elke groter blok ‘n hoër persentasie belasting hef, met ‘n maksimum van 45% vir iemand wat meer as R1 817 000 per jaar (R151 420 per maand) verdien.

 

Daar is kortings vir salaristrekkers op verskillende ouderdomsgroepe, naamlik R9 444 vir ouer as 75 jaar ‘n addisionele R3 145 per jaar.

Die belastings word op verskillende maniere ingevorder. Ons weet reeds van BTW wat by die verkooppunt ingevorder wrd en wat maandeliks of twee-maandelik deur gewone klein- en groothandelaars oorbetaal word.

Die boere betaal ook BTW oor op ‘n twee- of ses-maandelikse basis en is in uitsonderlike gevalle een keer per jaar, afhangend van omset en ander faktore.

Die LBS word maandelik gehef en oorbetaal en verskaf ‘n konstante stroom van inkomste (saam met die BTW) vir die staat se uitgawes.

Daar is nog ook die brandstofheffing wat ons saam emt die brandstof-intap betaal. Daar is voorlopige belasting wat Februarie en Augustus betaal moet word deur besigheide en sekere kategorië individue. Daar is ook geskenkbelasting, dividendbelasting en boedelbelasting wat om spesifieke redes oorbetaal word. Dan is daar ‘n aantal kleiner belastings wat elkeen ‘n diverse oorsprong het, soos aksynsbelasting. Al hierdie belastings is noodsaaklik om die staat se wiele aan die rol te hou.

 

Daar is ‘n aantal toegewings wat vir spesifieke uitgawes daargestel is, bv:

Rentevrystelling: Mense jonger as 65 jaar kry ‘n rentevrystelling van R23 800 en as jy ouer is, is die rentevrystelling R34 500.

As jy aan ‘n mediese fonds behoort, kry die hooflid belastingkorting vir elke afhanklike wat aan die fonds behoort, en waarvoor mediese bydraes maandeliks betaal word.

Daar is ook ‘n addisionele manier van spaar wat eintlik een doel het – om ‘n neseier bymekaar te maak.

Dit behels dat elke individu R36 000 kan belê in ‘n belastingvrye spaarplan tot ‘n maksimum van R500 000 in jou leeftyd. As jy egter van die geld onttrek, kan jy dit nie weer terugplaas nie. Al die opbrengs op hierdie belegging is belastingvry en word afsonderlik op jou opgawe getoon.

 

Wat belasting betref, is dit noodsaaklik dat jy by die wet hou, want SARS vra stawende dokumente baie meer as gereeld en jy moet dit betreklik gou indien, want hulle is gretig om boetes en rentes te hef vir laat indiening en laat betaling.

 

Hannetjie het afdrukke van die tersaaklike tabelle aan lede uitgedeel.

 

 

Begrotingsrede bespreek

 

Janet West (Tesourier van VLV Kuruman-tak).

 

Janet West (Tesourier) het tydens dieselfde vergadering, inligting in verband met pas afgelope begrotingsrede deur Minister van Finansies, en haar opinie daaroor, gedeel:

 

Goud reserwes gaan verkoop word om skuld af te betaal. As dit so gebeur sal dit ‘n goeie ding wees, maar as die skuld nie daarmee afbetaal word nie, is dit ‘n baie slegte ding. Ander lande wat hul reserwes verkoop het, het almal daaronder gely.

Die land se bruto nasionale skuld is 74% – 75%.

‘n Ekonomiese BTW persentasie sou ongeveer 22% wees, SA sin is reeds te laag, dus het ons verwag om n persent te lig. Maar omdat dit ‘n verkiesingsjaar is, word BTW nie verhoog nie. Dit is steeds 15%.

Die blokkoers verander nie, maar indien mense salarisverhogings sou kry, sal hulle meer inkomstebelasting betaal.

Die onderhoud van die land se infrastruktuur is n uitdaging. Asook die werkloosheid syfer wat te hoog is en al die regering se arbeidskostes is te hoog.

Meer fondse gaan vir Eskom aangewend word. Dit kan ‘n goeie ding wees as Eskom regtig reggeruk kan word, maar dit kan ook ‘n baie slegte ding wees.

Gee die keiser wat hom toekom. Anders dra ons by tot die groter probleem.

 

 

Op ‘n ligter noot, was Susan van Straten die wenner van ‘n “Wat-is-in-jou-handsak”-speletjie.  

 

Selfs die kolwyntjies is met finansiële tekens versier!