Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Landbou en Tuinbou en Opvoeding
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 26 Februarie 2024

Anina van der Spuy was die spreker en het haar gedagtes oor ons jeug, wat die hoop vir die toekoms is, met ons gedeel. Nie so lank gelede was ons die jeug wat die hoop vir die toekoms moes gee. Die wêreld was redelik voorspelbaar, maar vandag lyk alles anders. Nelson Mandela het die jeug geïdentifiseer as die leiers van môre en dat ons beste belegging vir die toekoms in die opvoeding van die jeug sal wees.

Franklin Roosevelt het weer gesê dat ons nie altyd die toekoms vir die jeug kan bou nie, maar ons kan ons jeug vir die toekoms bou.

Ons jongmense, tussen 15 en 24 jaar oud, verteenwoordig die grootste groep van die wêreldbevolking. Die spreker beklemtoon hulle funksionele opvoeding, hulle vaardighede en vra of hulle ‘n ruggraat of ‘n rugsak is?

Die kweek en bevordering vir die liefde vir die natuur en diere moet almal na aan die hart lê. In 2005 is ‘n studie gedoen met die onderwerp: “Helping children to love the earth before we ask them to save it”. Kinders kan nie iets liefhê wat hulle nie ken nie. ‘n Spreekwoord uit Tibet lui: “The secret to living well and longer is: eat half, walk double, laugh triple and love without measure”. Om die natuur en diere te bewaar is die belangrikste nalatenskap wat ons vir ons nageslag kan gee.

Sy sluit af met ‘n wens vir elkeen van ons: “May every sunrise bring you hope, and may every sunset bring you peace”.

Op die foto: Karin Marais (sameroeper) en Anina vd Spuy (spreker).