Sirkel: Paarl

Tak: Paarl Aand

Portefeulje: Ledevergadering

Beriggewer: Una Engelbrecht

Datum: 22 Februarie 2024

Muggie du Toit & Karen Barnard (besoeker)

Hetta van der Merwe (ondervoorsitter), Martell Swart, Marinda Rall (sirkelpresident), Lino Popolillo (spreker), Jo-Anelda Scholtz (besoeker), Amarie le Roux (voorsitter)

Hetta van der Merwe & Rouxné Koegelenberg klink ‘n koppie.

Die koffiekenner aan’t koffie skink vir die proe, Jo-Anelda Scholtz kyk toe.

Koffie te proe.

Koffiekapitaal by Paarl Aand

Lino Popolillo, koffiebemarker van Monarch in die Paarl, is aan die woord. Monarch is een van die vinnigste groeiende roosterye in die omgewing. Hulle gebruik 750 kg koffiebone ‘n week.

Hy vertel van die twee tipes bone: Arabica en Robasta. Die meeste bone kom van Brasilië. Donker koffie het vreemd genoeg meer kaffeïen as ligte koffie.

Koffie en koffiebone moenie in ‘n yskas gebêre word nie. Lino laat ons proe aan Duke, wat vorentoe smaak.