Sirkel: SWD

Tak: Oudtshoorn

Portefeulje: Kunste en Handvlyt en Leefstyl

Beriggewer: Isabella Jansen vN

Datum: 20 Februarie 2024

Valentynsdag is ‘n maand lank.

Die lede het almal iets roois vir die liefde aangetrek en ‘n blom saam na die byeenkoms gebring. Lorraine Maritz se voorlesing van ‘n paar liefdesgedigte het ons dadelik in die regte stemming gebring.

Daar is terugvoer aangaande ons gemeenskapsprojek by die Zeekoegat Preprimêre skool gegee. Kleurkryt is aan die skool geskenk en elke leerder het ook ‘n yskoue botteltjie water gekry om die Oudtshoorn-hitte af te weer.

Om by die tema van Liefde in die Hoorn aan te sluit, het die lede aan ‘n takkompetisie deelgeneem om enige iets met rooi vir liefde te maak. Ina Greeff was ons beoordelaar en nadat sy elke mooi artikel deeglik bestudeer het, het die inkopiesak wat Trienie Barnard met gehekelde blomme en ‘n gehekelde randjie opgekikker het, met die louere weggestap.

Daarna het Petro Doman en Isabella Jansen vN terugvoer aangaande die SWD-inligtingsdag te Heidelberg gegee waar die VLVK-kompetisie-items en SWD-sirkelkompetisie-items bespreek is. Die lede was begeesterd om deel te neem aan ons rondte takkompetisies wat dié kompetisie-items sal insluit. Die ervare en kundige lede sal die minder ervare lede met raad bystaan.

Die lede het die byeenkoms afgesluit deur gesellig om die teetafel te kuier.

Susan Barendse en Martie le Roux kyk na die takkompetisie-items.

 

 

 

 

 

Ina Greeff beoordeel die takkompetisie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Trienie Barnard is die wenner van ons takkompetisie.

 

 

 

 

Trienie Barnard se wensak

Annatjie Kemp is die lootjiewenner.

Dalena Brink is die lootjiewenner. In die agtergrond staan die voorsitter, Petro Doman

Fotograaf: Isabella Jansen vN