Sirkel: Tygerberg
Tak: Durbanville
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Hester Geringer
Datum 19 Februarie 2024
Tema: Ons jeug, ons toekoms.
Die tak het Terina van Schalkwyk, ‘n Opvoedkundige Sielkundige, ontvang as ons spreker van die vergadering oor die tema. Sy is ‘n dame met baie ondervinding in haar studieveld soos in haar CV aangedui.
Sy het haar praatjie begin met die aanwys van verskille tussen vandag se jeug en toe ons in 50’s en 60’s grootgeword het. Sy beklemtoon die belangrikheid van emosionele veiligheid vir ouers en kinders, die rol van waardes in die gesin en gemeenskap. Respek is ‘n baie belangrike aspek in verhoudings of dit in die huis of tussen ander mense is, waaraan daar beslis meer aandag gegee kan word.
Terina van Schalkwyk en Etresia van der Ryst (Opvoeding en Kultuur-saamroeper, Sirkel Tygerberg)
Terina van Schalkwyk, Opvoedkundige Sielkundige
Leave A Comment