Sirkel Worcester

Tak:  Ceres

Portefeulje:  Leefstyl/Gesondheid

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:   17 Februarie 2024

Vicki Ferreira lees Ilusie van Herman Engelbrecht en Gee my jou oë van G.J. Krüger voor.

Vicki Ferreira

Ingi Versfeld vertel van haar kleinseun wat vanaf 7-jarige ouderdom ‘n tipe 1-diabeet is.  Dit is onomkeerbaar en word beheer met die inspuit van insulien en die regte dieet.  Gereelde suikervlakke is noodsaaklik deur middel van ‘n vingerprik en bloedmonster.  Die tegnologie het al so gevorder dat lesings deesdae deur middel van inplanting outomaties geneem word en resultate op ‘n selfoon of horlosie gemonitor kan word.  Dit het ‘n totale verandering in leefwyse en eetgewoontes tot gevolg.

Marjan Starke (links) en Ingi Versfeld (regs)

Marjan Starke verduidelik wat diabetes is:  Dis ‘n metabolismesiekte  waar die liggaam nie die suikers en stysels effektief verbrand nie.  Glukose word deur bloedselle vervoer om met die hulp van insulien energie te verkry.  Pille of insulienspuite word as hulpmiddel gebruik.  Tekens van diabetes is dors, gereelde passering van urine, honger, gewigsverlies en moegheid.  Tipe 1 Diabetes is insulien afhanklik en tipe 2 is nie-afhanklik en kom meer algemeen voor by ouer persone.  Diabetes kan nie herstel nie en word met voedselinname beheer.   Beplan maaltye of kosinname volgens die lae glukose-indeks.  Pasop vir versteekte suikers en gebruik versoeters in plaas van suiker.   Patat is byvoorbeeld gesonder as aartappels, bruin- in plaas van witbrood, neute as ‘n knibbelkos. 2 bakkies bloubessies is gesonder as een mango. Hawermout is ‘n gesonde ontbyt.  Lees  wat op die verpakking staan.  Future Life is ook in ‘n Zero-verpakking en is baie geskik om ‘n melkskommel mee te maak.  Fyngemaakte avo, piesang en 1 e kakao is ook ‘n baie gesonde nagereg.  Verskeie nuwe produkte op die rakke van Spar word aan lede bekendgestel.

Lede kon spog met hul mooiste teekoppie  en die wenner ontvang ‘n prys.

Die Togryers-museum hou ‘n Moedertaaldag.  Gunsteling Moedertaalwoorde sal uitgestal word.

Joy van Biljon gee ‘n wenk dat honde wat jeuk ook ‘n allergiepil wat vir menslike gebruik geskik is, kan drink en goed uitgeborsel kan word.  Sy gee ‘n hondeborsel aan ‘n gelukkige lid.

Hannelie van Schalkwyk deel die volgende interessanthede mee om Radiodag te vier: Heinrich Hertz (1856-1894) was die ontdekker van die radio.  In 1864 het James Maxwell die teorie van elektromagnetisme publiseer en Hertz het met verdere bewyse bewys dat elektro-magnetiese golwe deur lug gestuur kan word.  Oliver Lodge het bevind dat hulle teorieë dieselfde was, net op verskillende golflengtes.  Jagadish Bose doen ‘n vertoning van “onsigbare lig” om deur mikrogolwe ‘n klok buite die stadsaal te laat lui.  Marconi begin  met langafstand uitvindings en kon oor ‘n afstand van 3,2 km seine oor heuwels stuur.