Sirkel: SWD
Tak: VLV Hartenbos
Studierigting: Opvoeding en Kultuur; Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Wilma van Staden
Datum: 16 Februarie en 20 Februarie 2024
Op 16 Feb 2024 het 3 lede van die tak, Rita Botes, Wilma van Staden en Marietjie Albrecht, die Leolan Akademie in Baywiew, Mosselbaai besoek. Dis ‘n privaat skooltjie met 28 intellektueel gestremde kinders, soos Down Sindroom en Outisme. Personeel bestaan uit die hoof en eienaar, 4 onderwyseresse, 1 administratiewe en 1 huishulp dames. Sagte speelgoed en ander items wat vir kinders se kuns klasse gebruik kan word, is aan die skool oorhandig. Die blymoedigheid en vreugde op die personeel en kinders se gesigte spreek van dankbaarheid. Ons dankbaarheid lê daarin dat daar nog mense is wie na hierdie spesiale mensies om sien.
VLV lede, Rita Botes, Wilma van Staden. eienaar en hoof, Marietjie Albrecht voor die bord met die skool se skoollied.
Klassie aan wie die sagte speelgoed oorhandig is met 3 VLV lede en die onderwyseres.
Op 20 Feb 2024 het die taklede en besoekers die wonderlike ervaring beleef van Milde Weiss se aanbieding van Zentangle kunsvorm.
Links van skildery, Rolien Smit, Rita Botes, Annemie Erasmus, regs van skildery, Milde Weiss, Dorea du Plessis en Wilma van Staden.
Zentangle kunsvorm het sy oorsprong in die VSA waar ‘n vrou, Maria Thomas gestalte gegee het daaraan en ‘n besigheidsman, Rick Roberts, wie die bemarking gedoen het.
Besigheidskaartjie van Milde Weiss
Die kaartjie gee Milde se besonderhede as nog takke haar wil kontak. Die CZT regs onder beteken “Certified Zentangle Teacher”. Milde het na die VSA gereis vir haar opleiding.
‘n Zentangle skildery deur Milde Weiss,
WAT IS ZENTANGLE?
1. Wat dit nie is nie:
a. Boedhisme
b. Doodle
c. Inkleur van gedrukte patrone
2. Die volgende gee ‘n aanduiding van wat dit behels:
a. Dit kan gedoen word sonder hulpmiddels, soos liniale, passers, uitveërs
b. Die woord self straal kalmte uit,
c. Dit is:
i. ‘n mengsel tussen struktuur en chaos
ii. Terapeuties
iii. Gestruktureerde patrone
iv. Stadig en rustig, ontspanne, gefokus op die oomblik
v. ‘n unieke proses waar die uitkoms sekondêr is.
d. Dit het sy eie terminologie
e. Die proses is meer as net tekenwaarde, dit bring dankbaarheid en waardering
f. Enige iets wat jy maak, is een strepie op ‘n slag
g. Daar is nie iets soos ‘n fout nie
h. Dit is ‘n weerspieëling van die lewe, jou foute word geïnkorporeer in jou lewe.
‘n Zentangle skildery deur Milde Weiss
3. Voordele:
a. Geen kunsaanleg is nodig nie
b. Basiese vorms in gebruik I, S, C, O.
c. Werk stadig, strepie vir strepie.
d. Ontspanne, maar gefokus.
e. Verbeter oog-hand koördinasie.
f. Terapeuties vir getraumatiseerde persone.
g. Kalmerend
h. Rustigheid verlaag die bloeddruk
i. Kalmeer angstigheid en is goed vir depressie.
4. Eienskappe:
a. Suiwer en abstrak
b. Stel nie iets herkenbaar voor nie
c. Kan enige formaat wees.
d. Dit het sy eie amptelike patrone, bv. Nzep en Crescent moon.
5. Waar kry die kunstenaar sy inspirasie vandaan?
a. Plante
b. Diere
c. Landskappe
d. Strukture
e. Alledaagse voorwerpe, bv koppie, haarborsel
6. Materiaal vir Zentangle: Meeste van die ‘suiwer’ materiaal word uit die VSA ingevoer.
a. Papier
Die suiwer papier is van handgemaakte Fabrianopapier.
Enige skoon notaboek of kuns papier kan gebruik word.
Materiaal (Lap)
Dit kan die volgende vorms hê: Vierkant, sirkel of driehoek
Verskillende soorte potlode, stiffies en penne word gebruik om mee te skilder, ook in te kleur.
7. Waarvoor kan Zentangle gebruik word:
a. Raam,
b. Kaartjies
c. Boekmerke
d. Plekmatjies
e. Glashouers
f. Kissies
g. Tafeldoeke
h. Handdoeke
i. Hemde
j. Kussings
k. Tekkies
l. Houtfiguurtjies
Milde sluit af met haar leuse oor Zentangle: “Dans met jou pen.”
Skildery van Milde Weiss.
Gebruiklike tee of koffie en heerlike eetgoed is na afloop van die verrigtinge geniet.
Leave A Comment