Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Verslaggewer: Lydie Terblanche
Datum: 14 Februarie 2024
Groot groep Klein-Brakke woon Inligtingsdag 2024 by.
Inligtingsdag 2024 is op ‘n snikhete Valentynsdag in Heidelberg gehou. Soos altyd was die aanbieders, ten spyte van kragonderbrekings, goed voorberei om almal met raad en daad by te staan. Kompetisie inligting het in die Huis & Haard verskyn en is ook vooraf aan die SWD Voorsitters verskaf.
Die Klein-Brakke sien uit daarna om deel te neem aan die 2025 kompetisie artikels.
Die dag is bygewoon deur:
Lydie Terblanche – SWD-Sirkelbestuur; Franci Raubenheimer – Voorsitter; Susanne le Roux – Vise-Voorsitter; Lynette Nel – Tesourier; Retha Nagel – Kuns & Handvlyt Saamroeper; Denise Taljaard – Openbare Sake Saamroeper; Cecilia Pieterse – Landbou & Tuinbou Saamroeper; Dawn Greyling – Leefstyl Saamroeper; Lucia du Plessis – Gesondheid Saamroeper, Marilese Bekker, Suzette O’Kelly, Gerda Sieberts, Ria van Straaten en Meisie Pretorius.
Franci & Susanne pragtig in pienk, met Heidelberg se tafelblomme
Retha & Ria as deel van die VLVK Handvlyt projek, Knope Kuns
Marilese, Dawn, Lynette & Lydie as deel van SWD skilderprojek, lyne in die natuur
Lucia & Denise, middel, die SWD Handvlyt projek, Doodle Art
Cecilia en Meisie toonbeeld van VLVK fotografie afdeling se Elegante Eenvoud
Suzette O’Kelly as deel van die Seetonele, deel van die SWD Skilderkuns projek
Gerda, verlede jaar se SWD fotografie wenner, by haar foto van die pragtige Heidelberg Kerk waar die Inligtingsdag gehou was.
Leave A Comment