Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier Tak

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Lydie Terblanch

Datum: 14 Februarie 2024

Die bedreigde seeskilpad

Die Two Oceans Turtle Roadshow was op 14 Februarie 2024 by die Great Brak Youth Café, om aan belangstellendes meer oor hulle reddingspogings (Turtles and What to do), en ander aktiwiteite te vertel. Die geleentheid is ondersteun deur die Groot-Brakrivier Bewaararea-, SMART- en Klein-Brakrivier taklede, Franci en Susanne.

Phindile en Talitha van Two Oceans Turtle Rehabilitation het hul rehabilitasie reis met ‘n paar van die skilpaaie wat die afgelope jaar vrygelaat is, gedeel. Almal het beslis meer oor hierdie bedreigde diere geleer soos die skilpaaie hul eiers tussen ‘n ½ – 2 meters onder die sand lê, en dat eiers 13 maande neem om uit te broei.

Die lede is ook geleer wat om te doen as hulle ‘n broeisel kry.

Tydens dié interessante byeenkoms het hulle nie net die nuus van die afgelope jaar gedeel nie, maar ook hul waardering vir ondersteuning in die omgewing bevestig. Elkeen teenwoordig het ‘n kartondosie gekry met die noodnommer en instruksies om te volg wanneer ‘n gestrande seeskilpad gevind word.

Die publiek word uitgenooi om by hulle aan te sluit. Besoek die webtuiste vir meer inligting: www. aquarium.co.za/foundation

Phindile (Two Oceans Turtle Rehabilitation), wys hier hoe om ʼn skilpad veilig op te tel.

Klein-Brakrivier taklede, Franci en Susanne saam met Talitha, van die Two Oceans Turtle Roadshow, wat vertel hoe om skilpaaie wat op die strand gewaar word, te hanteer.