Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Christelle Nel

Datum:  14 Februarie 2024

Aberdeen tooi Angorabokkies met Jassies!

Aberdeentak het tydens Elna van Niekerk se Landbou-vergadering vir Sanmarie Vermaak en Lauren Moore van Bokhaar SA as sprekers verwelkom.

Luise de Jager open uit die Woord uit die bekende Spreuke 31 oor  “ ‘n Knap Vrou”. Elkeen van ons het talente en kan ‘n verskil maak.

Sanmarie Vermaak gee ‘n oorsig oor die bokhaarmark en werking van Bokhaar SA. Sy speel ‘n inspirerende video met die tema: “God made a Farmer’s Wife” – opgedra aan alle boervrouens. Sy spreek haar waardering uit vir die groot rol van die vrou aan elke boer se sy.

Bokhaar SA is ‘n nie-winsgewende organisasie. Sanmarie beklemtoon die groot rol wat boere, kopers, makelaars & arbeiders almal speel om die bedryf te laat hardloop. Vooruitsigte vir bokhaar klink baie goed. Sanmarie verduidelik ook die rol van Bokhaar SA t.o.v opkomende boere in ons land.

Bokhaar SA doen plaaswerker opleiding, besoek skole (pertinent landbouskole) en gee klas by Grootfontein Landbou Kollege.

Hierna het Lauren Moore die belangrikheid en die rol van bokhaar in die internasionale mode- & dekorwêreld uitgelig. Lauren het in 2020 in die COVID-tyd teruggekeer na Suid-Afrika na 6 jaar in die Midde Ooste. Sedert Julie 2023 is sy betrokke by Bokhaar SA. Sy wys skyfies oor die diverse gebruik van bokhaar in oorsese lande. Dit word o.a gebruik vir dekor, modes, stoffering en dies meer.

Die hoogtepunt van die dag was die demonstrasie deur Sanmarie waartydens elke dame haar eie draadbokkie met geweefde bokhaar kon toedraai (Coat your Goat.)

Die sprekers is elkeen bederf met ‘n pragtige handdoek waarop hul name borduur is deur die bekwame Elna van Niekerk.

Uitstalling van pragtige bokhaarprodukte

 

 

 

 

Gepaste dekor – fyn bokhaar en ‘n sjokolade hartjie om Valentydsdag te vier

 

 

 

 

 

Draad angorabokkies oorgetrek met geweefde bokhaar

Vlnr Sanmarie Vermaak (spreker), Lea van der Vyver (Voorsitter), Luise de Jager (ingestaan vir Elna van NIekerk – saamroeper Landbou) en Lauren Moore (spreker)

Die teetafel was gepas versier deur Lizemari Jordaan & Carina Esterhuizen om by Valentynsdag en die bokhaartema van die oggend te pas

Staande:  Clarissa Lategan, Suzanne Lategan, Alet Gouws, Christelle Nel, Engela James, Luise de Jager, Jean Watermeyer, Lauren Moore (spreker), Joan Barnard (gas) & Lynette Marais (gas). Voor:  Colleen Ogilvy (gas), Elsa Featherstone, Carina Esterhuizen, Lea van der Vyver, Sanmarie Vermaak en Petro Marx

Foto’s: Lizemari Jordaan