Sirkel: Namakwaland

Tak: Calvinia

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Sameroepster: Kobie Basson

Beriggewer: Annica Strydom

Datum: 13 Februarie 2024

Op 13 Februarie 2024 het die dames van VLV Calvinia ‘n heerlike aand van kunste en handvlyt geniet by Kobie Basson se huis.

Kobie Basson het vir die dames ‘n paar tegnieke gewys oor hoe om ou boeke te vou en te versier sodat hulle as versierings gebruik kan word.

Daar was geleer om krimpvarkies te vou, voëlhuisies en blomme te maak.

Die dames het ook saam aan goetertjiesakkies gewerk. Hulle het gebruik gemaak van materiaal koki’s en die sakkies versier soos hul hart begeer.

Nelia Schutte het vir die dames die heerlikse doopsousie gemaak van dadel, kekerertjies, kakao en kaneel wat hul saam met appelskyfies geniet het.

Daarna het die dames heerlik tee gedrink en sommer net lekker gesels.

Voorbeeld van die dames wat die goetertjiesakkies versier het.

Voorbeeld van ‘n ou boek wat as ‘n krimpvarkie gevou en versier is.

Kobie Basson is besig om te demonstreer hoe om blomme te vou van ou boeke se blaaie.

Voorbeeld van ‘n ou boek wat as ‘n voëlhuisie gevou en versier is.