Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Studierigting:
Beriggewer: Mariëtte Krige
Datum: 7 Februarie 2024
Kuilsrivier se VLV Tak is die jaar op ‘n rusbank reis!
Ons gaan onbekende lande besoek en meer oor hulle uitvind. So al sittende deur ‘n onbekende wêreld.
Die jaar is afgeskop met ‘n reis na die lekkerste bestemming in die hitte, Ysland!
Voor ons kon vertrek, het ons egter eers ons vergadering gehou, met die mooiste opening, met ‘n baie spesiale gebed vir 2024, voorgelees deur Blanchè van Staden.
Ons tak se projek is die jaar om aan vroue en hulle kinders, wat moes vlug as gevolg van gesinsgeweld, ietsie nuut en mooi te gee. Dis belangrik om nuut te begin met iets mooi, om so die lelik en hartseer af te sluit. Adri Klindt het ons kom toespreek oor Huis Jabes. Op ‘n sagte manier het sy die werklikheid uitgelig en toe bevestig, dis belangrik om iets nuut en mooi te hê as jy jou lewe oor moet begin.
Mev Adri Klindt, links, word deur mev Elmine Möller bedank.
Ons het al by die deur, sommer met die inkom, ‘n voorsmakie gekry van Ysland
Maar toe begin die reis, so sit-sit. Marianne Smit het die toer gelei. Sy het op die wêreldkaart mooi gewys. Feite genoem, die meer bekende feite en die wat nie so algemeen bekend is nie en sodoende ons almal lekker nuuskierig gehad! Ons kon saam praat en die reis het sommer vinnig uitgebrei na ‘n lekker ondervinding.
Marianne het ons met groot entoesiasme lekker laat saam toer!
Gewapen met die inligting dat worsbroodjies en roomys gewilde geregte is in Ysland, het ons om ‘n tafel vol van die lekkernye gekuier. Ons het darem onthou, een of ander tyd die maand is dit Valentynsdag ook.
Leave A Comment