Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Saamroeper: Karin van der Walt

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 7 Februarie 2024

 

Kuruman raak nostalgies oor ouma-se-spens-dae

Karin van der Walt (Saamroeper: Opvoeding & Kultuur) en Elsabé Hennig (Beoordelaar van Gebottel en Gebak) het tydens ‘n onlangse Opvoeding & Kultuur-vergadering van VLV Kuruman-tak gedemonstreer hoe om perskes in te lê. Dié vergadering is by die pragtige venue, iNiSkuur, buite Kuruman gehou.

Die twee dames het alles gedemonstreer – van die stroop se kook tot en met die seël van die bottel!

Interessante feite is gedeel soos:

  • terwyl die skil aan is, draai jy die perske kloksgewys om die pit uit te haal met ‘n teelepel;

  • die perskes word net ongeveer 8 minute gekook;

  • die sous is ‘n kombinasie van 1 koppie suiker en2 koppies water;

  • die lugborrels word met ‘n sosatiestokkie uit gehaal.

 

Wat van die VLV-lede nie geweet het nie, is hoekom die inlê-bottels nie omgedraai moet word as jy inskryf vir ‘n VLV-kompetisie nie… Die rede is dat dit weer die lugborrels wat jy alreeds so sorgvuldig uitgehaal het veroorsaak!

 

Na die demonstrasie pryk die ingelegde perskes pragtig in die glasbottel en lede raak nostalgies oor ouma-se-spens-dae.