Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Saamroeper: Karin van der Walt

Datum:  7 Februarie 2024

 

VLV Kuruman-tak het op Woensdag 7 Februarie 2024 Wêreld Hardopleesdag ondersteun. Al die lede wat die Opvoeding & Kultuur-vergadering by iNiSkuur bygewoon het, het saam hardop die storie, “Die verlore katjie” deur Stacey Fru voorgelees.

 

Die jong lede (onder die ouderdom van 16) word Volgende Voetspore genoem. Volgende Voetspore, Marike Engelbrecht, Lillie-Almaé Krüger en Jana-Alé Retief, sowel as die haan onder die henne, Lean van Staden, was ene ore vir dié unieke storietyd-ervaring! By hulle sit Hettie du Plessis-Krüger, ‘n plaaslike skrywer, Voorsitter van die plaaslike ATKV-tak Kalahari én lid van VLV Kuruman-tak.

Karin van der Walt (Saamroeper: Opvoeding & Kultuur).

Wêreld Hardopleesdag word jaarliks op die eerste Woensdag van Februarie gevier. Hierdie dag het ten doel om mense saam te bring deur hul gemeenskaplike liefde vir lees. Wêreld Hardopleesdag is in 2010 ingestel deur LitWorld. Gedurende die afgelope veertien jaar het Wêreld Hardopleesdag ‘n wêreldwye beweging geword van miljoene lesers, skrywers en luisteraars van gemeenskappe regoor die wêreld wat saamgekom het om die vreugde en krag van lees te eer en voort te gaan om die definisie van en geleenthede vir globale geletterdheid uit te brei.