Sirkel: Tygerberg
Tak: Varingtak
Studierigting: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Renè Ferreira
Datum: 1 Februarie 2024
Die Varings skop 2024 af met ons tema, “Ons Jeug, ons Toekoms!”
Pastoor Francois Mouton het op 1 Februarie die Varingtak, Brackenfell, besoek en ontsettend interessant gesels oor “Die jeug is ons Toekoms”.
Hy herinner ons dat die jeug een derde van ons bevolking uitmaak en beklemtoon dat ouers ‘n voorbeeld moet stel en kinders ‘n regte keuse moet uitoefen. Die jeug is ons toekoms, niks kan daaraan verander word nie, maar hoe hulle eendag sal optree, kan ons deur ons opvoeding, iets aan doen. Hy raak die volgende punte aan –
- die jeug is die dokters, advokate, polisie, politici van die toekoms
- Tieners het geweldige groepsdruk en smag om aanvaar te word
- Verslawings
- Swangerskappe onder tieners – 150 000 skoolgaande dogters jonger as graad 10 het volgens die jongste statistiek, swanger geraak
- Stelselmatige vervlakking van waardes, integriteit in die samelewing
- Godsdiens is voorheen op 3 vlakke uitgeoefen, die ouerhuis, die skool en die kerk. Tans het skole nie meer godsdiensvryheid nie. Godsdiensopvoeding begin by die Pa en die Ma.
Ps 119 sê vir die jongmens: kies ‘n bestemming wat ewigheidswaarde het. As jy nie weet waarheen jy gaan nie, kan jy énige pad loop
Dis ‘n baie spesiale vergadering waar ons die Varingtak se 77ste verjaarsdag vier – ons tak is in 1947 gestig! Pastoor Mouton stel ‘n heildronk in op Varingtak met ‘n Seënbede.
Ons sirkelpresident, René Nel, het ons besoek om die 2023-takpryse uit te deel. Dit was ‘n prettige storie wat almal baie geniet het. Die belangrikste prys het gegaan aan Susan de Villiers wat weereens een van die top pryse losgeslaan het met haar weefwerk by die 2023-Kongres en só ons tak se naam hoog gehou het.
V.l.n.r.: Pastoor Francois Mouton (wat met ‘n Seënbede ‘n heildronk op die Varingtak ingestel het) en Riana Ellis (Voorsitter) by die 77ste Verjaardagkoek.
V.l.n.r.: Susan de Villiers, ons tak se voorslag weefvrou en Riana Ellis (Voorsitter)
Leave A Comment