Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Hermienvan Zyl

Datum: 30 Januarie 2024

VLV-Kleinmond se jaar het afgeskop met ‘n duidelike boodskap deur die skoolhoof van die Laerskool Kleinmond “Ons jeug kan alleen ons toekoms wees as die hele gemeenskap hande vat om vir ons kinders waardes te leer”. Beide Ester Groenewald, skoolhoof, en Marlize Kruger, graad 1-leerkrag, het die gehoor vasgevang gehou met interessante feite wat met behulp van ‘n powerpoint-aanbieding oorgedra is. Me Kruger het die verskillende generasies wat in verskillende eras grootgeword het, se karaktereienskappe verduidelik en hoe die gebruik van tegnologie toenemend bepalend geword het. Me Groenewald het gefokus op die rol van die hele gemeenskap om proaktief te wees om kinders teen verkeerde dinge te beskerm en vir hulle rolmodelle te skep wat waardes het sodat hulle daarvolgens kan keuses maak. Die skool berei kinders voor vir beroepe wat nog nie nou al bestaan nie en al manier hoe hulle hierdie onseker toekoms kan binnegaan, is as hulle ‘n geloofsbasis het en as hulle ‘n balans kan vind tussen tegnologie, sport en kultuur. Want hulle is die toekomstige leiers, uitvinders en probleemoplossers.

Fotograaf: Alice Van Rooyen

Sprekers Esther Groenewald (links) en Marlize Kruger (regs) saam met Hermien van Zyl (voorsitter)

Skermgrepe van die power point-aanbieding.

Thinus Ries, begeleier, het ‘n duet gespeel saam met die 8-jarige Milan Coetzee, een van sy leerlinge. Daphné Loots het hulle bedank en geskenke oorhandig.

‘n Uitstalling van familiefoto’s het die tema van die middag baie goed toegelig.

 

 

 

Elsabé Smit het haar 20 jaar-kenteken van die voorsitter ontvang.

 

 

 

 

 

 

Verjaarsdagdames in Februarie is geluk gewens: Cornelia Pebble, Ria Coetzee, Annie Jooste, Maryna Britz en Philippa Marks

 

 

 

Die tak moes afskeid neem van Sysie du Toit (regs), taksaamroeper vir Leefstyl. Petra Potgieter, nuwe Leefstylsaamroeper, het vir haar ‘n geskenk oorhandig.

 

 

 

 

 

 

Die bestuur was die gasvroue en het vir heerlike eetgoed gesorg.

 

 

 

Die taklede het op kort kennisgewing bydraes gebring vir die brandslagoffers en brandweermanne tydens die reusebrand by Pringlebaai. Susan Botha en Ria Coetzee het dit afgelewer.

 

 

 

 

 

‘n Nuwe voorsitter en sekretaresse – Hermien van Zyl (links) en Mercia du Toit