Sirkel: SWD
Tak: Hartenbos
Studierigting: Opvoeding en Kultuur en Openbare Sake
Beriggewer: Wilma van Staden
Datum: 20 en 30 Januarie 2024
Sommer op die tweede dag van die nuwe skooljaar het VLV Hartenbos weggespring met die oorhandiging van inkleurpotlode aan die Gr 1-leerders van die Laerskool Ruiterbos. Ruiterbos Laerskool is geleë op die R823 pad naby die Ruiterbos ontspannings area aan die begin van die Robinsonpas. Die stralende gesiggies van die kinders, was n voorreg om te beleef.
Kinders met onderwyseres en VLV lede, vlnr, Martie Visagie, Rolien Smit, onderwyseres, Rita Botes
Skool ingang
By die byeenkoms van 30 Januarie word lede se kennis verryk met ‘n kort voorlegging deur Wilma van Staden oor die “Voël van die Jaar”, die Berghaan.
Jaarliks word die voël van die jaar deur “Birdlife South Africa” bepaal. Soos reeds bekend is 2024 se voël van die jaar die Berghaan of in Engels die “Bateleur”. Die Berghaan is ‘n roofvoël, spesifiek, onder die arend spesie, en dis bekend vir sy treffende voorkoms en merkwaardige lugtoertjies.
Van sy kenmerke sluit ook in swart, wit en helder- rooi-oranje op die gesig en bene asook sy kort stert en lang vlerke. Sy grasieuse, swierige spel in die lug is ook baie treffend en ‘n uitkennings eienskap.
Wêreldwyd word dit as ‘n bedreigde spesie geklassifiseer, ook in SA waar minder as 5 000 Berghane nog voorkom. Hulle kom meestal in die noorde van SA voor. Dit sal algemeen in die dorre Kalahari, Kruger park en Bosveld voorkom.
DBV Kenteken
Die bestuurder van die Diere Berskermings Vereniging van Mosselbaai, Elize Goosen, was aan die woord met baie interessante inligting.
Elize Goosen besig met haar voorlegging
- Mosselbaai DBV bedien die area van Gouritzmond, Albertinia, tot bokant van die berg en Grootbrak en is al 20 jaar in bedryf.
- Hulle is ‘n Nie –Winsgewende -Organisasie en is vir hulle finansies afhanlik van donasies en fondsinsamelings.
- Hulle werk op 5 Vryheidsbeginsels:
- Vry van honger en dors.
- Vry van ongemak.
- Vry van pyn.
- Vertoon gedrag normaal aan sy soort.
- Vry van bangheid en vrese.
- Hulle verrig hulle werksaamhede binne sekere wette wat hulle toelaat om sekere aktiwiteite uit te voer, onder andere wanneer hulle inspeksies gaan doen.
- Eerste vraag is, wie is die eienaar van die dier? Eenvoudig, die een wat hom kos gee.
- Inspeksies o.v. Lisensies, diere in hokke, veilings van diere, aanneming van ‘n dier, kommersiële plase, sekuriteitsfirmas met honde, wreedheid rapporterings.
Projektor skyfie van mishandelde hond.
- By die kliniek in Mosselbaai vind die volgende aktiwiteite plaas:
- Vaksinerings
- Mikroskyfie inplasing.
- Befondsing geskied suiwer deur donasies en fondsinsamelings. Vrywillige werkers help baie met die uitvoering van take en is hoofsaaklik verantwordelik vir organisering van fondinsamelings. “MYSCHOOL” kaarte, wat by Woolworths by die kassier gevee (swipe) word, dra ook by tot die fondse.
- Lede en besoekers word aangemoedig om van die liefdadigheidswinkeltjie op die perseel gebruik te maak. Ongebruikte artikels kan daar afgelewer word en aankope kan ook daar gedoen word. Dit is deel van hulle befondsingsprojekte.
- Die wanpersepsie heers onder die publiek dat die DBV alles dood maak. Hulle MAAK NIE ALLES DOOD NIE!!!!! Daar kom wel gevalle voor waar die toestand van die dier sodanig is dat hulle nie n keuse het nie en dan is dit met baie seer harte.
- Die tak het aan die einde van Elize se voorlegging aan haar diere bykomstighede soos leibande, eetbakkies en kombersies wat lede geskenk het, oorhandig.
Wilma van Staden oorhandig donasie vanaf lede aan DBV
By hierdie byeenkoms is die nuwe bestuur aan lede en besoekers bekend gestel. Rolien Smit, voorsitter en Wilma van Staden, sekretaresse het hulle vuurdoop by die byeenkoms suksesvol oorleef.
Bestuur van 2024
Voorsitter, Rolien Smit en sekretaresse Wilma van Staden tydens die vergadering.
Gebruiklike tee of koffie en heerlike eetgoed is na afloop van die verrigtinge geniet.
Lede en besoekers geniet verversergings en ietsie te drinke.
Die VLV Hartenbos Tak vier fees oor die bywoningsyfer, aantal nuwe lede en besoekers, en ‘n volledige bestuur.
Leave A Comment