Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Beriggewer, Lydie Terblanche

Datum: 30 Januarie 2024

 Die jaar wat voorlê

 VLV Klein-Brakrivier se 2024 Wegspring Geleentheid was 30 Januarie om 10h00 by die Reebok Gemeenskapsaal (h/v De Jagerstraat en Koedoeweg). Lede en gaste het mekaar op ’n pret-manier leer ken, na die jaar wat voorlê gekyk, en inligting oor kompetisies gekry.

Vredeskerse is aangesteek vir al ses portefeuljes: Opvoeding & Kultuur – Leola Esterhuizen;

Gesondheid – Lucia du Plessis;  Kunste & Handvlyt – Retha Nagel; Leefstyl – Dawn Greyling; Openbare Sake – Denise Taljaard; Landbou & Tuinbou – Cecilia Pieterse.

Ons 2024 voorsitter, Franci Raubenheimer en vise-voorsitter Susánne le Roux het relevante VLV inligting gedeel.

Leola Esterhuizen (Opvoeding & Kultuur) het meer oor die Wêreldbond Van Plattelandse Vroue vertel:

“Die Wêreldbond van Plattelandse Vroue bestaan uit ongeveer 10 miljoen lede, afkomstig uit 84 lande.  Die Vroue Landbou Vereniging van Kaapland is een van verskeie soortgelyke organisasies in Suid Afrika wat by hierdie Wêreldbond geaffilieer is.

Mev Magdie de Kock van Suid-Afrika is vir ʼn tweede termyn as President van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue verkies, voorwaar ‘n mooi prestasie.

Ons sal hierdie jaar weer ‘n fondsinsamelingsprojek loods deur vriendskap munte ten bate van hierdie organisasie in te samel. Vir verdere inligting, kontak gerus vir Leola, 083 260 4985”.

Cecilia Pieterse (Landbou & Tuinbou Portefeulje) het ons meer oor die voël van die jaar vertel:

Afrikaanse naam: Berghaan

Engelse naam: Bateleur

Wetenskaplike naam: Terathopius ecaudatus

Die berghaan is ‘n kleurvolle spesie met ‘n baie kort stert (ecaudatus is Latyn vir stertloos), wat die voël onmiskenbaar maak tydens vlug. Die volwasse mannetjie is 60 tot 75 cm lank met ‘n vlerkspan van 175 cm. Hy het swart vere behalwe vir sy bruin mantel en stert, grys skouers en rooi gesigsvel, bek en bene. Die wyfie is soortgelyk aan die mannetjie, maar waar die mannetjie swart vere het, is die wyfie s’n grys. Jong voëls is bruin met wit spikkels en het ‘n groen-grys gesigsvel. Dit neem sewe tot agt jaar vir ‘n berghaan om volwassenheid te bereik.

Ook die bome van die jaar:

Bergkaree

Die boom lyk baie soos die karee en witkaree maar die blaarrande is saagtandig. Die boom het ‘n enkele, rowwe donkerbruin tot swart stam. Dit bereik ‘n hoogte van 5 meter met dieselfde omtrek by die takke en bied goeie weerstand teen droogte maar slegs gedeeltelik teen ryp. Dit is ‘n pragtige klein boom vir ‘n klein tuin met sy ronde kroon en interessante hang effek van sy takkies en blaarstele. Dit kan in volle son of in gedeeltelike skaduwee geplant word. Die immergroen boom dra klein wit blommetjies, wat op vroulike bome verander in bondels van klein, plat bessies 5 mm in deursnee. Die vruggies lok baie voëls wat graag die bessies vreet. Daar kan ook bier gebrou word van die bessies.

Witpeer

Die Witpeer is werklik ‘n treffende immergroen boom met ‘n glansende loof wat pragtig vertoon. Die Witpeer kan groot word in ideale omstandighede (selfs meer as 20 meter).

Die Konferensie afgevaardigdes  (Maart), is Franci en Lynette, met Susánne, Leola en Dawn as dagbesoekers. Ons Kongres afgevaardigde is Franci.

Ons verwelkom dan ook graag nuwe lede: Dorothy Bell, Irma van der Poll, Murna Lotriet, Karen Kershoff en Gerda Aspeling.

Die gaste van die dag was Sonia v d Merwe en Alta Coetzee van NuSkinnovation in George.

NuSkinnovation is ‘n trots Suid-Afrikaans Estetiese kliniek wat gebruik maak van gevorderde behandelings en produkte om hulle kliente net die beste resultate te bied.   NuSkinnovation George is die enigste kliniek in die Tuinroete wat die Fotona laserstelsels gebruik, wat wêreldwyd bekend en bekroond is.

Nuskinnovation George se terapeute, Monique en Alet het in die Tuinroete grootgeword, en het opleiding ontvang en baie ondervinding opgedoen in die buiteland. Hulle luister graag na elke klient se unieke behoeftes en stel ‘n persoonlike behandelings plan op, om hulle te help om hulle vel te verbeter.

Wat NuSkinnovation anders en ‘n voorloper in die Suid-Afrikaanse skoonheidsbedryf maak, is hulle passie om mense te help en ‘n onwrikbare verbintenis tot hulle kliente, deur elke stap van hulle behandelingsproses”. Gaan loer gerus in.

Vredeskerse vir 2024 is aangesteek vir al ses portefeuljes: Opvoeding & Kultuur – Leola Esterhuizen; Gesondheid – Lucia du Plessis;  Kuns & Handvlyt – Retha Nagel; Leefstyl – Dawn Greyling; Openbare Sake – Denise Taljaard; Landbou & Tuinbou – Cecilia Pieterse.

 Sonia v d Merwe en Alta Coetzee van NuSkinnovation, saam met taklid Suzette O’Kelly

 Leola Esterhuizen (Opvoeding & Kultuur) het meer oor die Wêreldbond Van Plattelandse Vroue vertel

 

 

 

 

 

Ons 2024 voorsitter, Franci Raubenheimer en vise-voorsitter Susánne le Roux het relevante VLV inligting gedeel.

 

Lede en gaste het mekaar op ’n prettige manier leer ken, na die jaar wat voorlê gekyk, en inligting oor kompetisies gekry.