Sirkel: Weskus
Tak: Vredenburg
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Henrietta Roux
Datum: 25 Januarie 2024
Met ons openingsvergadering wou ons graag die tema vir die projek van die jaar verteenwoordig, nl. Bevorder en kweek ‘n liefde vir die natuur en diere, asook die tema vir die jaar, nl. Ons jeug ons toekoms.
Ons het ou Mayonnaise bottels herwin en versier met herwinde papier waarin groente-, blomme- en kruie saad was. Die papier kan geplant word en saadjies sal spruit. As groenigheid in die bottels is onder andere tamaties, eiervrug, vygies en kruie gebruik as plaasvervanger vir blomme. Plastiek diertjies is goud geverf om die tema ‘n bietjie meer gesofistikeerd te laat vertoon.
Die papier is aangekoop by Growing Paper in Malmesburry wat n verskeidenheid papier aanwendings het van besigheidskaartjies met saad in, tot kinder tekenpapier.
Ons doel vir die jaar is om meer kreatief tafel te dek sonder om die bank te breek.
Leave A Comment