Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Tema: Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 24 Januarie 2024

Magda Jacobs deel haar hartseer na die verlies van ‘n geliefde. Haar dogter was swanger toe beenkanker by haar gediagnoseer is. Sy moes inspring om die baba te versorg terwyl die mamma behandeling moes ontvang. Hul geloof het hul familie gedra op hierdie moeilike pad. Elke ouer wil tog net die beste hê vir hul kind – die hemel is die beste plek. Trane is goeie terapie. Moenie skaam wees om van ander se hulp gebruik te maak nie. Soms is dit moeilik om persone in hul nood by te staan. Elke besoek of eetgoed wat verskaf word, is van waarde.

Carien van Niekerk deel ‘n vinnige resep vir skons. Meng 500 g bruismeel, 250 ml room, 5 ml sout en 330 ml Sprite om stywe deeg te vorm. Skep in 12 kolwyntjiepanne en bak 20 min by 180ºC. Bedien met room of konfyt.

Lede oorhandig 94 malvasteggies aanCarina Botma van die dienssentrum om liefde vir die natuur te kweek.

Carien van Niekerk en Magda Jacobs

Marthie Grobler, Memory Scholtz, Carina Botma en Petro Ollewagen