Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Openbare Sake, Gesondheid, Leefstyl

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 24 Januarie 2024

Die eerste vergadering van die jaar vind plaas in die Klubsaal op Aberdeen en 3 studierigtings bied elk iets interessant aan.  Voorsitter, Lea van der Vyver verwelkom almal en vra dat ons bid vir lid, Elna van Niekerk, wat net voor Kersfees met kanker gediagnoseer is en tans chemo ontvang.

Petro Marx open met beloftes uit die Woord.  Ons leef in uitdagende tye op alle fronte – hoe hou mens moed en pak jy die jaar in geloof aan?  Ons moet in Jesus bly en gehoorsaam wees – Hy beloof in Rom13 om ons nooit te faal, te verlaat of hulpeloos te laat nie.

Suzanne Lategan, Saamroeper Openbare Sake, verwelkom Kaptein Bennie Smit van die plaaslike Polisie, wat ons meer vertel oor die misdaad in die omgewing.  Hy verduidelik ook hoe om ‘n saak oop te maak en hoe om ‘n beskermingsbevel teen iemand te kry.

Karin Pienaar, Saamroeper Gesondheid, stel lid Clarissa Lategan aan die woord.  Sy deel die gevare van sonbrand, gevaartekens vir melanoma, sowel as die voordele en gebruike van Aloe gel.  Sy doen ‘n demonstreer hoe om jou eie Aloe gel te maak en elke lid ontvang ‘n houertjie gel om huis toe te neem.

Engela James deel namens Lize de Jager, Saamroeper Leefstyl, ‘n hele rits bruikbare wenke vir die kombuis en huis.

Alet Gouws wen die gelukkige trekking van die dag.  Die oggend word afgesluit deur heerlik saam te kuier met smaaklike eetgoed wat keurig deur Alet Gouws en Elise Steynberg voorgesit is.

Agter vlnr – Clarissa Lategan met klein Alissa, Suzanne Lategan, Luise de Jager, Alet Gouws, Elise Steynberg. Voor vlnr – Karin Pienaar, Petro Marx, Engela James

 

 

 

 

Pragtige blomme versier die tafel

 

 

 

 

 

Vlnr Voorsitter Lea van der Vyver, Kaptein Bennie Smit en Suzanne Lategan, Saamroeper Openbare Sake

Clarissa Lategan demonstreer die maak van Aloe gel

 

 

 

 

Keurig gedekte tafel met smaaklike eetgoed