Sirkel: SWD
Tak: Oudtshoorn
Portefeulje: Openbare sake
Beriggewer: Isabella Jansen v N
Datum: 23 Januarie 2024
Met die opening het Isabella die gedig, Talle tonge van Matthew Phosa, gelees en aan ons voorgehou dat ons ons tonge ook moet gebruik om die positiewe te sê. Na die vergaderingsadministrasie het die voorsitter, Petro, 2024 afgeskop met ‘n oorsig van die jaar. Die kompetisie-artkels is ingehandig en gaan na plaaslike beoordeling verpak word om na die konferensie te neem.
Verder is die gemeenskapsbetrokkenheid vir die tak bespreek en daar het ‘n stemmery oor die betrokkenheid plaasgevind. Die tak gaan betrokke raak en skeninkings maak aan ‘n kleuterskool, diere-herberg (soortgelyk aan DBV) en aan die bejaardes. Ons erfenis-tafeldoek is bespreek en hoe elkeen die handjie kan versier om op die tafeldoek vas te stik.
Na die verdaging het die lede heerlik gekuier terwyl hulle die versnaperinge geniet het.
Fotograaf: Lorraine Maritz
Die voorsitter, Petro Doman, aan die woord en langs haar sit Boop van de Haar, die sekretaresse.
‘n Klein deel van die vergadering
Ilse Meyer kyk na ons beplande gemeenskapsprojekte
Lede wat hul kompetisie-items ingehandig het.
Leave A Comment