Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16 Januarie 2024

Verteenwoordigers van ‘n finansiële instelling het ons lede oor o.a. boedelbeplanning, rekeninge en bankkoste kom toespreek. Waardevolle inligting is deurgegee o.a. dat jou testament onmiddellik na die afsterwe van jou gade verander moet word; plaas jou oorspronklike testament by ‘n instansie bv. jou bank, vir bewaring; hou al jou dokumente in ‘n lêer en hou jou kinders daaromtrent ingelig; indien die kinders op dieselfde eiendom as hul ouers woon, moet hulle ‘n kontrak laat opstel om beide partye te beskerm.


Stephanie Sargeant en Pauline van der Westhuizen.

Edna Jonker.