Sirkel: Weskus

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer:  Elsabe Carstens

Datum: 8 Desember 2023

Sirkel Weskus gee erkenning aan lede van die NSRI vir die wonderlike werk wat hulle agter die skerms doen en ons nie altyd van bewus is nie.

Hulle moet baie keer in slegte weer en omstandighede mense gaan help, terwyl ons rustig slaap of vakansie hou.

Die 14 takke van Sirkel Weskus, het kersgeskenke opgemaak en 4 van die Bestuurslede, naamlik Sirkel President, Elsabe Carstens, Visepresident/Sirkelsekretaris,  Marié Grobbelaar, Sirkel Tesourier, Dinette Lochner  en Sirkel Leefstyl Saamroeper,. Melaine Brand het dit eers by die NSRI St Helenabaai, Stasie 44, saam met lede van St Helenabaaitak, Elsa Kotze, Isa Pump en Koekie van der Merwe aan die Stasiebevelvoerder, Devon Wild  oorhandig.

Daarna is die 4 Bestuurslede na die NSRI te Langebaan, Stasie 4, Club Mykenos, waar die res van die Kersgeskenke afgegee is aan die Stasiebevelvoerder Nic Stevens.

Spesiale dank aan Melaine Brand, wat afgevaardig was, en self ‘n seun het wat nou sy opleiding ontvang, vir al die reëlings wat sy getref het om die Kersgeskenke te gaan oorhandig.

Sirkel Weskus is dankbaar om ook hierdie Kerstyd hoop-uitdelers te kon wees; waarin ons weer die lig in ander se lewens kon bring.  Kom ons word in hierdie dae die helder Somerkersfees in ander se harte.

Die NSRI lede van Stasie 4 te Langebaan, Club Mykenos, Stasiebevelvoerder, Nic Stevens.

Elsabe Carstens oorhandig aan Mnr. Devon Wild, Bevelvoerder van Stasie 44 te St Helenabaai

VLV lede saam met lede van die NSRI te St Helenabaai

Die Dagbestuur, van links na regs, Marié Grobbelaar, Visepresident en Sirkelsektretasris; Elsabe Carstens, Sirkel President en Dinette Lochner, Tesourier en Finaslid van HB.

Die NSRI was tydens VLV se besoek op ‘n noodoproep uit op see.

Mev. Elsabe Carstens, Sirkel President en mev. Melaine Brand, Leefstyl Saamroeper van Sirkel Weskus wat al die nodige reëlings getref het vir die projek.