Sirkel Worcester

Tak:  VLV Ceres

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  21 November 2023

AFSLUITINGSUITSTAPPIE

Een en twintig lede het ‘n ontspanne oggend meegemaak, maar terselfdertyd ook ‘n verrykende en leersame oggend by die plaasgemeenskapdorpie, Op-die-Berg, beleef.

By Wonderlik, ‘n uitsonderlike museumrestaurant, geniet die groep heerlike skons en koffie.  Lize Fabricius het die restaurant begin as ‘n nalentskap van haar moeder.  Sy het die stoor omskep en gemeubileer met al haar meubels.

Daarna besoek ons die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum wat in 2001 ontstaan het as die breinkind van Joy van Biljon, een van ons VLV-lede met die doel om gemeenskapsontwikkeling te doen wat aan die vaardigheidswetgewing voldoen.

Joy van Biljon

Die Sentrum is begin met 21 lede, bestaande uit produsente van die plase en het gegroei tot 85 en bied tans 113 kursusse aan. Hulle filosifie is dat die administrasie goed moet wees en die opheffing moet student-gesentreerd wees. Hulle gebruik eksperts om die droom uit te leef en verbeter voortdurend.  Hulle fokus op langtermyn en verkry fondse van ledegeld, kursusgeld, donasies en borgskappe soos AgriSETA en HORTGRO.

 

 

 

 

 

Carmen Roberts, hoof van die Opleidingsentrum

 

 

 

 

Eie bemarking word gedoen deur nuusbriewe, webwerf, Facebook, projekte en verslae, kennis-gewingborde en Linkedin. Beplanning is baie belangrik.  Daar word ook aanlynkursusse aange-bied.  Kursusse soos brandbestryding, werkswinkel-, leierskap-, trekker bestuur, lewensvaar-dighede en noodhulp word deur geakkrediteerde aanbieders gedoen in drie tale, naamlik Afrikaans, Engels en Xhosa.

 

 

 

 

 

Edna Nigrini, Bemarker.

 

 

 

 

Leerlingskappe en beroepsgerigte landboukursusse en blootstellling word gedoen en is die verantwoordelikheid van Jacob Coetzee.

Jacob Coetzee

Die sentrum  lê hulle ook toe op gemeenskapsontwikkeling wat die individu, jeug, gesin, familie en vriende, skool, werk op kulturele en sosialevlak insluit, onder leiding van Landi Kahlmeyer. Dit behels talent-, redenaars- en tuinbou- en rieldanskompetisies, musiekinstrumente-onderrig, skoleprojekte, kampe en rehabilitasie.  Vir volwassenes word kampe en ‘n braaidag gereël.

 

 

 

 

 

 

Landi Kahlmeyer

 

 

 

Die uitstappie word afgesluit met ‘n heerlike middagete voorberei deur die entrepreneurs Theron en Aletta Hanekom wat eers klein begin het met spyseniering en steeds van krag tot krag gaan.

 Theron en Aletta Hanekom