Sirkel: Tygerberg
Tak: Kuilsrivier
Aflsuiting
Beriggewer: Mariëtte Krige
Datum: 22 November 2023
Kuilsrivier se tak kuier by ‘n lang tafel!
Op 22 November 2023 hou Kuilsrivier tak ‘n aflsuiting vir die jaar, na baie werk, lag en hartseer ook, sien ons uit na ‘n ruskans en nuwe vooruitsigte vir ‘n wonderlike jaar wat voorlê.
Die dames het by Skilpadvlei se lieflike restaurant bymekaar gekom vir die geleentheid.
Aan ‘n lang tafel word mekaar se teenwoordigheid geniet. Die opening, vergadering en ete alles in liefde en ‘n vrolike samesyn
Ds Dick, van Stellenbosch Wes Gemeente, bring ‘n boodskap van lig en hoop uit Jesaja 9.
Die algemene vergadering moes eers afgehandel word. Daar is inligting gedeel, sake van belang genoem en allerhande belangrike sake bespreek. Met die groot lekker wat gevolg het: Almal het hulle beste gelewer, maar van die dames het net daardie bietjie ekstra gedoen. Hulle is almal vergoed vir hulle insette en bekers is uitgedeel, tweede en derde plekke is ook beloon. Almal wat soveel jare al deel is van die VLV is beloon met spesiale knopies, wat met trots gedra word! Die dames wat elke vergadering bygewoon het, is spesiaal dankie gesê. Renè Nel, ons Sirkelpresident, het die bekers en pryse uitgedeel. Baie foto’s is geneem, te veel om te wys, maar die liefde, vreugde en herinneringe sal by bly.
‘n Hele span formidabele vroue wat die oorhandiging hanteer. Vlnr: Elmine Möller, Carien Pretorius, Etetia Conradie, Renè Nel.
Baie jare ondervinding! Knopies om met trots te dra. Vlnr: Etetia Conradie, Annatjie Burger, Anite de Villiers, Blachè van Staden, Regina van der Merwe, Elmine Möller, Tuala Vorster, Marianne Smit
100% teenwoordig: Marlene Lotz, Carien Pretorius, Etetia Conradie, Anita de Villiers, Marianne Smit, Anna-Marie Carstens, Whileen Galvin, Elmine Möller, Mariëtte Krige
Elkeen kry sy eie kersboompie. Daar word mooi dankie gesê!
Elmine Möller bedank Renè Nel vir al haar hulp en bystand deur die jaar.
Etetia Conradie wen sowaar beide lootjies
Ons gas van ver, Jennie Dunn van Australië en Piet Nel, gade van Renè Nel.
Elmine Möller met haar geskenk, ‘n mengelmoes kardoes!
‘n Spesiale boodskap van ons voorsitter.
Leave A Comment