Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 21 November 2023

Ons Tak se afsluiting is die hoogtepunt op ons VLV-kalender, want dan vind die prysuitdeling plaas en ons vier saam Kersfees.

Magdaleen Joubert (borduurwerk), Renè Tepper (gebak, gebottel en lekkers, kookkuns, blomme, kuns en handvlyt, masjienwerk, die meeste takinskrywings op konferensie asook die groottotaal), Karin Marais (landbou en tuinbou), Almarie Moodie (breiwerk en hekelwerk) en Anna de Villiers (mikrogolf).  Regs is Wenda Preuss (voorsitter).

Ons kuier heerlik om die keurig gedekte kerstafels.

Ons lede hou daarvan om kreatief te wees en het ‘n baie gesellige oggend saam deurgebring en hessiansakke versier.

Jenny Botha, Annalise Seas, Andrea Baramasco, wat die lede met raad bedien het, Marianne Oosthuizen, Elize Eksteen, Bes van Zyl en Annemarie Kable, besig met haar sak.

 ‘n Paar van die mooi sakke.