Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Afsluiting

Datum: 18 Oktober 2023

Beriggewer: Nellie Viljoen

Vryburg VLV sluit die jaar af op hoë noot. Die tak het die afgelope jaar verskeie projekte aangepak soos troospoppies vir Caritas, mussies en kousies vir premature baba’s, vrugte, groente en kruideniersware vir Dienssentrum, kerspakkies vir Street Racers, Speelgoed vir Kleingoed.

By die geleentheid word lede beloon vir hul harde werk deur die jaar. Marthie Grobler ontvang die trofee vir blomme gevorderd; Marietjie Steyn vir handwerk asook Doris Linde trofee vir uitsonderlike prestasies en Carien Van Niekerk vir kookkuns, kunste, blomme beginners en algehele wenner.

Carien van Niekerk en Marthie Grobler

Carien van Niekerk en Marietjie Steyn

Carien van Niekerk, algehele wenner

Eurika Byleveld, Erika Linde, Marietjie Steyn en Margo du Plessis

Griselda Pretorius, Trudie Kok, Ronell Kemp, Annetjie Botha en Isabel Botha

Charlotte Bouwer, Marthie Grobler, Soekie le Roux en Dalien Geere

Petro Ollewagen, Carien van Niekerk en Nellie Viljoen