Sirkel: Paarl

Tak:  Suider  Paarl

Jaareindfunksie:

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum: 15 November 2023

Die Suider Paarltak het die jaar afgesluit met ‘n vrolike oggend met die tema ”Kersfees”.

Na die opening deur Ds Malan, het almal saam twee kersliedere gesing en is begelei deur drie musikante, nl Mnre Jan Ungerer op die klavier, Leon Coetzee met kitaar en Barry op ‘n baskitaar.

Die drie musikante het gedurende die oggend die gaste vermaak met heelwat bekende liedjies.

Daar was ‘n voorlesing gedoen deur een van die taklede, me Annie D Van Schalkwyk.  Dit het gegaan oor “Vroegtydig opruim en kleiner gaan woon”

Die lede moes elk ‘n mooi opgemaakte geskenkie bring wat later deur kersvader, Mnr Altus Gous, uitgedeel is.  Die beker- en prysuitdeling is ook waargeneem deur mev Berta Spangenberg, Anita Basson en Annie D van Schalkwyk.

Kersvader deel geskenke uit.

Persone wat bekers en pryse ontvang het: vlnr:  Wilma Kock, Alida Taylor, Anita Basson, Berta Spangenberg en Gonny du Plessis. (Afwesig:  Marie Hammann en Karen Barnard)

Vlnr Jenny Ruthven, Karen Visser, Poekie Jansen van Rensburg, Kersvader, mnr Altys Gous, Vasti Stols, Joanie Kingwill en Connie Bekker.

Die drie musikante, vlnr: Mnre Leon Coetzee, Jan Ungerer en Barry.

 

 

 

Mev Berta Spangenberg en Me Annie D Van Schalkwyk wat die bekers en pryse oorhandig het.