Sirkel: Worcester
Tak: VLV Ceres
Portefeulje: Leefstyl (Tuisteskepping)
Beriggewer: Louwna Hoving
Datum: 14 November 2023
KERSFEES IN NOVEMBER
Mona Marais sing: “Kom o sterligkind” van Koos du Plessis.
Megan Stassen, betrokke by @Source se produkontwikkeling verduidelik wat hulle doen.
Hulle koop gedroogde vrugte en verpak of verwerk dit in vrugterolle en gesuikerde vrugte-lekkers. Hulle maak en verpak produkte vir Woolworths. Tans maak hulle lang raklewe salad sprinkles”, slaaisous en stirfry-sous. Laasgenoemde twee produkte is vars produkte wat in die yskas gedeelte van Woolworths te vind is.
Sy demonstreer die gebruike, voor- en nadele van die lugbraaier (Airfryer).
- Dit is ‘n klein en kompakte oond met ‘n waaier agter in die oond en ‘n hitte-element in die boonste gedeelte. Dit kan vir bak en rooster gebruik word.
- Dis ekonomies omdat hitte vinnig versprei, en temperatuur bereik word. Kos word dus vinniger gaar, tyd en elektrisiteit word bespaar.
- Dis ideaal vir ‘n klein groep mense en bespaar ook ruimte in die kombuis.
- Gevriesde porsies vleis kan direk in die lugbraaier gesit word en dadelik gaargemaak word, dis nie nodig om dit eers te ontvries nie. Groente kan vooraf gegeur word.
- Is dit gesonder? Dit hang af wat bygevoeg word in die gaarmaakproses. Indien die vleis reeds ‘n vetlagie het, is ekstra olie nie nodig. Of ‘n baie klein bietjie olie word gebruik.
- Dit maak maklik skoon. Die mandjie kan in die skottelgoedwasser gewas word. Papierbakkies is beskikbaar, spesifiek vir gebruik in die onderste bak. Die papierbakkie word na die gaarmaakproses uitgehaal en weggegooi. Die mandjie en bak kan ook net uitgevee word.
- Die lugbraaier se temperatuur is dieselfde as die gewone oond en die hitte- en tyd kan gestel word.
- Die keuse van kleur en grootte kan volgens eie behoefte gemaak word.
Die volgende idees vir ‘n Kersete word aan lede oorgedra:
- Voorgeregte: Nicoline Pienaar – tamatiesop (koud of warm) asook verskillende klein happies soos sosatie kebabs, pruim en spekstokkies, spek en kersies is baie gewild. Voorbeelde word per WhatsApp-groep aan lede versend. Sy noem dat die Kersuitgawe van Boerekos 2023 teen 21 November op die winkelrakke sal wees. Daarin is ‘n hele spyskaart (plus resepte) vir Kersfees. Sy verwys ook na vorige uitgawes. Sy demonstreer die pak van ‘n klein bamboesbakkie met sout koekies, kaas, salami, vrugte, ens. vir elke gas.
- Slaai – oudtydse koringslaai is nou weer in die mode. In plaas van die gewone perskes, kan gekleurde pepers daarin gesnipper word.
- Lamsboud: Marjan Starke deel met die lede die resep vir ‘n heerlike boud wat warm of koud voorgesit kan word. Sy het ook verskeie gedekte kersmaaltafels en kerstooisels uitgestal. Sy verduidelik dat ‘n geskenksakkie in Hollands as ‘n grabbelton bekend staan. Jy grabbel in die sakkie vir jou geskenk!
- Nagereg: Amor Smit vertoon ‘n Kersie Cassata wat sy voorberei het. ‘n Bessie parfait kan in ‘n klaarvoorbereide meringuedoppie bedien word. Roomys kan op verskillende maniere mooi voorgesit word – ‘n meringue bakkie gevul met roomys, bessies en ‘n sous of roomys in glasies geskep en afgerond met bessies en ‘n sous.
Nettie Hansen – ‘n plaaslike storieskrywer en digter lees twee van haar gedigte voor: ‘n Vadersdag sonder my pa en Klara Majola.
Leave A Comment