Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Kunste & Handvlyt, Leefstyl

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 15 November 2023

 Aberdeen in vroeë Kersfeesstemming tydens afsluiting.

Soos gebruiklik is die laaste vergadering van die jaar gekenmerk deur ‘n heerllike afsluiting. Vanjaar het die afsluiting plaasgevind by die internasionaal bekende glaskunstenaar, Marguerite Beneke, se ateljee. Die dames het prettig deelgeneem aan die uitdaging deur ‘n “kopding” te maak / te dra.

Lizé de Jager open die oggend uit Numeri 6:24-26 en bemoedig ons met die wete dat Die Here ons gebede sal verhoor – ten spyte van al die hartseer wat 2023 vir sommige gebring het.

Archie Norval & Nico Kemp, eienaars van die plaaslike winkel MAAK BAIE MOOI, het die spyseniering hanteer vir die dag. Die vingerhappies en verfrissende ystee en bohla-pons het getuig van fyn smaak en finesse.

Marguerite lewer ‘n demonstrasie oor Mandala Dot Art, waarna Archie baie interessant gesels het oor diamante.

Ses lede ontvang knopies vir afsonderlike jare lidmaatskap. Elna van Niekerk word deur Archie en Marguerite gekroon as wenner met haar kreatiewe kopversiering. Sy ontvang ‘n koopbewys van MAAK BAIE MOOI. Elke dame is bederf deur Voorsitter Lea van der Vyver met ‘n kersklapper, gevul met tuisgebakte koekies, wat deur Archie Norval & Nico Kemp gemaak is.

 

 

 

Die eetgoed was voortreflik

 

 

 

 

 

Voorbeeld van die Mandala Dot Art deur Marguerite Beneke

 

 

 

 

 

Lede wat knopies ontvang het. Agter – Karin Pienaar (10 jaar), Christelle Nel (5 jaar) & Heidi Lombard (15 jaar)    Voor – Lea van der Vyver (10 jaar), tannie Jean Watermeyer (40 jaar) & Suzanne Lategan (30 jaar)

Beoordelaars Archie Norval en Marguerite Beneke by die wenner van die kopversiering, Elna van Niekerk

Twee langsdienende lede van Aberdeentak – Lizé de Jager (33 jaar) en tannie Jean Watermeyer (42 jaar)

 

 

 

 

Die jongste kuiergas van die dag – Alissa Lategan, saam met ouma Suzanne en mamma Clarissa.