Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Takafsluitingsfunksie

Datum: 14 November 2023

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Kleinmondtak het die nuwe termyn met VLVK se projekidee begin deur aan die pragtige Kogelbergse natuur aandag te gee met ‘n afsluitingsfunksie in die Garden Restaurant van die Harold Porter-Natuurtuin buite die dorp. Gasvrye personeel het almal binne gelukkig gehou, en die bobbejane buite! Maar 2023 is letterlik op ‘n “hoë noot” afgesluit deur die tak se toekenning vir 2023 en ‘n geskenk te oorhandig aan Thinus Ries, geliefde en gerespekteerde musiekkenner van Kleinmond. Jaarliks vereer die VLV iemand in die dorp wat uitstaande diens aan die gemeenskap lewer en Thinus is vereer vir “sy onvermoeide ywer om die musiektalent van Kleinmond te ontgin en tot beskikking van die publiek te stel” volgens die sertifikaat.

Só ’n afsluiting gee ook geleentheid dat die lede se prestasies, getrouheid en opofferings beloon en erken kan word. Bestuurslede het heerlike vrugtekoeke gekry, 12 lede én Thinus Ries, die tak se getroue begeleier, is met 100%-teenwoordigheid beloon en trofeë en prysgeld is aan presteerders oorhandig. Jare-lidmaatskap is óók erken en knopies oorhandig.

Harold Porter-Natuurtuin buite Kleinmond.

Heerlike ontbyt is bedien.

Thinus Ries ontvang die toekenning van Alice van Rooyen (regs) en ‘n geskenk van Louise Bruwer (uitgaande voorsitter) Thinus se toekenning.

Sysie du Toit was die tak se toppresteerder met die meeste punte in totaal en ook trofeë vir alle naaldwerk gekombineer en alle kunsvorme gekombineer.

Hier is sy (middel) saam met Maria Whitehead (beoordelaar), Daphné Loots (meeste punte Blomme), Alice van Rooyen (meeste punte Gebottel) en Petra Potgieter (meeste punte Gebak & Lekkers). Agter staan Brenda Neethling, hulpsekretaresse wat alle punte aangeteken het!

 

 

 

 

 

Geskenke! Collage.

 

 

 

 

Die Leeftylgroep het vroeër ‘n lappop uitgeloot en die trekking by die afsluitingsfunksie gedoen. Hermien van Zyl het die pop namens die gelukkige wenner ontvang – haar seun Pieter van Zyl!

Louise Bruwer (uitgaande voorsitter) het geskenke oorhandig aan erelede Susan Marais (links) en Annie Jooste. Annie tree ná 20 jaar op die bestuur nou uit.

Mercia du Toit (5), Wynette Lambrechts (5), Daphné Loots (30) en Reinette van Niekerk (55) het jare lidmaatskap-knopies ontvang.

Kleinmond se VLV-bestuur vir 2024: V.l.n.r. Marianne de Wet (vise-voorsitter en saamroeper Opvoeding&Kultuur), Mercia du Toit (sekretaresse), Ria Coetzee (tesourier), Daphné Loots (Kunste&Handvlyt), Maria Whitehead (Beoordelaar), Lynette Loubser (Landbou&Tuinbou), Brenda Neethling (Hulp-sekretaresse), Sysie du Toit (Leefstyl), Alice van Rooyen (Media), Lisbé Badenhorst (Gesondheid), Elizette Bosman (Openbare Sake) en voor Hermien van Zyl (Voorsitter).