Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting: Landbou & Tuinbou en Leefstyl

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 8 en 11 November 2023

 Oor vye en bye

‘n Groepie Klein-Braklede het by die Midbrak Tuinbouklub aangesluit vir ‘n heerlike oggend in die Groot-Brak-stasietuine. Die wandelpaaie, aangenaam beskadu teen die oggendson saam met ons twee kundige gidse, Michelle Heyes en Val Thompson van die Groot-Brak Bewaararea Klub, was beslis ‘n genotvolle en leersame ervaring. Ons het ook die boom wat ons twee jaar terug geplant het, besoek.

Een van die bome in die tuine is ‘n wilde by. Val het gevra of ons weet hoe ‘n vyeblom lyk? Niemand het nie en sy het verduidelik dat  die ‘blom’, die vrug self is. Sy het ons ook vertel van die piepklein bytjie/wespe (“wasp”), wat dit bevrug.

Die vyewespe (slegs ‘n paar millimeters groot), is verantwoordelik vir die bestuiwing van vye en daar is ongevver 900 spesies klein wespes wat verantwoordelik is vir die bestuiwing van die wêreld se 900 spesies vye. Elke spesie wespe bestuif slegs een spesie vye, en elke vyesoort het sy eie wespespesie om dit te bestuif. Die vroulike wespe betree ‘n onryp, manlike vy (nie dié wat ons eet nie) en lê haar eiers. Sodra die pasgeborenes uitbroei, paar hulle almal, en die mannetjies, gebore sonder vlerke, kou ‘n tonnel uit die vy (die gaatjie aan die onderkant van die vrug, om die wyfies te laat ontsnap, wat dan weer die ander vrugte bevrug.

Vyebome kan nie sonder hierdie klein wespes oorleef nie, en nie een van die spesies (vye en bye) kan sonder die ander oorleef nie. Nietemin, jy sal in alle waarskynlikheid nooit hierdie piepklein wespe in ‘n vy kry wanneer  jy dit gaan eet nie, selfs al kyk jy regtig goed.

Wat vir my baie interessant was, was dat ek later gelees het dat Aristoteles reeds in sy History of Animals, hierdie gebeurtenis aangeteken het…

‘n Groepie Klein-Braklede het by die Midbrak Tuinbouklub aangesluit vir ‘n heerlike oggend in die Groot-Brak-stasietuine. Die wandelpaaie, aangenaam beskadu teen die oggendson saam met ons twee kundige gidse, Michelle Heyes en Val Thompson van die Groot-Brak Bewaararea Klub, was beslis ‘n genotvolle en leersame ervaring.


Ons het ook die geelhoutboom wat ons twee jaar terug geplant het, besoek.

   

Die uitheemse bome wat destyds deur die Spoorweg geplant is, is steeds daar met inligting wat elkeen identifiseer.


Nuwe toevoeging in die tuin is hierdie insekte-hotel.


Aan die begin van hierdie projek was die wandelpaaie nog in sy kinderskoene, middel bo is die gestorwe “wensput” waar die insekte-hotel nou is; en onder die tuin in vervloë dae.

Benevolant Park

Cecilia Pieterse, Klein-Brakrivier tak se Landbou Sameroeper het in November ook ‘n paar sakke materiaal vir die naaldwerk groepie by Benevolent Park Versorgingsoord in Mosselbaai afgelewer. Die materiaal word gebruik in handwerk klasse vir naaldwerk vaardighede en die voltooide items word ten bate van die oord verkoop. Finansiële oorlewing is altyd ‘n uitdaging en die sentrum maak op donasies, fondsinsameling en uitreikprojekte staat.